Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w90 7/15 bl. 30
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • “Gevaarlikste bestanddeel”
  • Sal dit ongemerk verdwyn?
  • ’n Einde in sig
  • Bloedoortappings—Hoe veilig?
    Hoe kan bloed jou lewe red?
  • Gawe van lewe of kus van die dood?
    Ontwaak!—1990
  • Red jou lewe met bloed—Hoe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Studievrae vir die brosjure Hoe kan bloed jou lewe red?
    Ons Koninkryksbediening—1991
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
w90 7/15 bl. 30

Insig in die nuus

“Gevaarlikste bestanddeel”

Hofsake wat aanhangig gemaak word deur pasiënte wat ’n dodelike siekte weens bloedoortappings opgedoen het, het ’n nuwe bron van kommer vir baie bloedbanke geword. Volgens berig is meer as 300 hofsake teen die middel van 1989 teen bloedbanke in die Verenigde State aanhangig gemaak. Gilbert Clark, uitvoerende direkteur van die Amerikaanse Vereniging van Bloedbanke, het erken dat “die publiek bloed wil hê wat volkome veilig is”, maar hy het toegegee dat hulle nie hierdie versekering gegee kan word nie.

Parade Magazine berig eweneens dat die bloedspesialis, dr. Charles Huggins, erken dat bloed “as onvermydelik onveilig beskou moet word”. Hy beskryf bloed as “die gevaarlikste bestanddeel wat ons in die geneeskunde gebruik”. Sedert vroeg in 1989 het die aantal aansteeklike siektes waarvoor die bloedbanke gewoonlik toetse doen tot vyf vermeerder (HTLV-I, wat met die volwasse T-sel-leukemie verband hou, sifilis, hepatitis B, Vigs en hepatitis C). Maar volgens S. Gerald Sandler, ’n gesaghebbende van die Amerikaanse Rooi Kruis, “is dit blykbaar slegs ’n kwessie van tyd voordat ons nog ’n seldsame siekte vind wat deur bloedoortapping versprei word”. Ondanks die dodelike potensiaal daarvan sal ongeveer viermiljoen Noord-Amerikaners waarskynlik gedurende 1990 bloedoortappings ontvang. Volgens koerantrubriekskrywer dr. W. Gifford-Jones is die probleem dat “die meeste pasiënte, behalwe Jehovah se Getuies, nooit die moontlikheid van ’n bloedoortapping bespreek nie”.

Jehovah se Getuies “onthou” hulle al dekades lank getrou “van bloed” in enige vorm, soos God se Woord in Handelinge 15:28, 29; 21:25 beveel. Die beskerming wat dit hulle gebied het teen verskriklike siektes wat weens bloedoortappings oorgedra word, lig bloot toe hoe streng hulle Jehovah God se wette gehoorsaam.

Sal dit ongemerk verdwyn?

Kardinaal Joachim Meisner, ’n omstrede figuur wat verlede Februarie as die nuwe aartsbiskop van Keulen, Duitsland, aangestel is, het onlangs gesê sy grootste vrees is dat die kerk dalk eendag sal “verdwyn—en dat dit miskien nie deur die gemeenskap opgemerk sal word nie”. Volgens die Duitse koerant Rheinische Post het Meisner gesê: “My siel is terneergedruk oor die feit dat die gemeenskap die kerk as onbelangrik begin beskou het.” ’n Moontlike rede, het hy gesê, is dat “ons te veel oor die aarde praat en nie genoeg oor die hemel nie, te veel oor die teenswoordige praat en te min oor die ewigheid”.

Die godsdienste van die Christendom het inderdaad hulle verklaring dat hulle God se belange verteenwoordig, geloënstraf deur verdrae te sluit met die politieke en kommersiële elemente van die aarde, pleks van op hemelse mag te vertrou om die wêreld se probleme op te los. Dit sal ernstige gevolge hê. Volgens die Bybel sal alle valse godsdiens binnekort verdwyn—’n gebeurtenis wat nie ongemerk sal verbygaan vir “die konings van die aarde” en “die handelaars van die aarde”, wat as gevolg van hierdie verwikkeling sal ween nie. Derhalwe moet liefhebbers van geregtigheid ag slaan op die volgende woorde: “Gaan uit [valse godsdiens] uit . . . sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.”—Openbaring 18:4, 9, 11.

’n Einde in sig

“Staatslagting”. Dit is hoe sommige koerante moorde beskryf wat gepleeg word deur regerings of organisasies wat deur regerings beskerm word. Trouens, Amnestie Internasionaal se segsman Gerry O’Connel sê dat daar in 1988 “’n drastiese toename in die skending van menseregte was, wat in 1989 voortgeduur het”. Hy voeg dan by: “Moorde wat universeel erkende wette skend, het ’n ongeëwenaarde hoogtepunt bereik.”

Volgens Amnestie se jaarverslag is die syfers skrikwekkend: Gedurende 1988 is tussen 50 000 en 100 000 mense in 29 nasies vermoor terwyl die Staat onverskillig toegekyk het. Onder hulle was kinders, ou mense en vroue wie se enigste misdaad was dat hulle aan politieke of etniese minderheidsgroepe behoort het of in gebiede gewoon het waaroor strydende faksies baklei het. Diegene wat vir sulke moorde verantwoordelik is, is onder meer moordbendes, revolusionêre, dwelmhandelaars en ander groepe wat geweld vir politieke doeleindes gebruik. “Dikwels sit die Staat self agter gewapende groepe om teenstanders en lastige elemente uit te wis”, sê La Repubblica.

Dit is dus nie sonder rede dat Jehovah se geïnspireerde Woord menseregerings met ’n “wilde dier” vergelyk nie (Openbaring 13:2, NW). Maar sulke wreedheid wat deur politiek aangestook word, sal nie vir altyd voortduur nie. Soos Psalm 92:8 sê: “As die goddelose mense groei soos die plante en al die werkers van ongeregtigheid bloei, is dit om hulle vir ewig te verdelg.” God se hemelse Koninkryk in die hande van Christus Jesus, die “Vredevors”, sal dit doen.—Jesaja 9:5; Daniël 2:44.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel