Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w90 7/15 bl. 31
  • ’n Verstandige stap voor onheil haar getref het

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Verstandige stap voor onheil haar getref het
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
w90 7/15 bl. 31

’n Verstandige stap voor onheil haar getref het

AANGESIEN Mary se kinders nou groot was, het sy tyd tot haar beskikking gehad en het sy besluit om deeltydse werk te kry. Maar toe sy haar man, Enos, hiervan vertel, het hy dit duidelik gestel dat dit glad nie vir haar nodig was om dit te doen nie. “As ek vir jou en die kinders kon sorg, kan ek beslis nou vir die twee van ons sorg”, het hy gesê. Pleks van sy vrou sekulêre werk te laat doen, het hy voorgestel dat sy dit biddend oorweeg om ’n pionier, ’n voltydse Koninkryksverkondiger, te word.

Hoewel Mary dit geniet het om haar bure van die Koninkryksboodskap te vertel, was sy skaam en het sy min selfvertroue gehad. Maar sy wou haar man se raad volg. Dus het sy haar met gemengde gevoelens in April 1981 as ’n hulppionier ingeskryf.

Mary het gou ’n liefde vir die Koninkrykspredikingswerk aangekweek wat sy nooit vantevore ervaar het nie. Sy het spoedig vier tuisbybelstudies met belangstellendes gehou. Binne ’n jaar het sy ’n gewone pionier geword en tien Bybelstudies gehou. Christine, ’n Getuie van Jehovah met twee kinders nog op skool, het geesdriftig by Mary aangesluit as haar pioniermaat. Nuwe belangstellendes het vergaderinge by die Koninkryksaal begin bywoon, waar ’n goeie pioniergees ontwikkel het. En Mary se grootste vreugde was toe haar eie seun, Christopher, haar voorbeeld gevolg het en ook ’n pionier geword het.

Toe het ’n tragedie hulle skielik in 1985 getref. Mary het ineengestort. ’n Slagaarbreuk in haar kop het ernstige bloeding op die brein veroorsaak, en binne drie dae was die 45-jarige Mary dood.

Gedurende daardie vier jaar van pionierdiens het Mary egter ’n goeie reputasie in haar gemeenskap opgebou. Meer as 300 mense, waaronder heelparty bure, het haar begrafnisdiens bygewoon. Een van die aanwesiges, ’n skoolvriendin wat deur Mary se geloof beïndruk is, wou meer daaroor leer en het ’n Bybelstudie gevra. Mary se bediening het steeds vrug gedra.

“Ek is nou self ’n hulppionier”, sê Enos, “maar ek wens net dat ek saam met Mary aan die pionierdiens deelgeneem het. Sy het altyd oor haar ondervindinge gepraat en was so gelukkig. Trouens, daardie paar jare was die gelukkigste in ons lewe saam, maar ek besef nou eers waarom ons so gelukkig was.”

Niemand kan voorspel wanneer “tyd en lotgeval” sy slagoffer kan eis nie. In Mary se geval het dit so onverwags gebeur. Maar diegene wat as Koninkryksverkondigers getrou bly, verseker dat hulle gunstige erkenning van God en mens sal geniet, selfs in die aangesig van onheil.—Prediker 9:11; 11:1, 2.

[Prente op bladsy 31]

Deelname aan die bediening is goeie tydsbesteding

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel