Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w90 6/15 bl. 31
  • “Daarna het sy ook daarvan aan haar man gegee”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Daarna het sy ook daarvan aan haar man gegee”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
w90 6/15 bl. 31

“Daarna het sy ook daarvan aan haar man gegee”

WAS Adam teenwoordig toe die slang met Eva gepraat en haar verlei het om teen God in opstand te kom? Die Bybel sê nie so nie. Genesis 3:6 (NW) sê dat Eva “begin [het] om van sy vrug te neem en daarvan te eet. Daarna het sy ook daarvan aan haar man gegee toe hy by haar was.” Maar party Bybelvertalings skep ’n ander indruk. Die Afrikaanse Bybel gee die teks so weer: “Sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet.”

Die Hebreeuse werkwoord wat met “gee” vertaal word, is in die onvoltooide verlede tyd en word saam met ’n spesiale vorm van die voegwoord “en” [Hebreeus, waw] gebruik, en dui sodoende tydsorde of ’n logiese volgorde aan. Daarom vertaal die New World Translation die etlike kere wat waw voorkom, wat die reeks gebeure in Genesis 3:6 saambind, dit nie net met “en” nie, maar ook met ander voegwoorde, soos “gevolglik”, “toe” en “daarna”. Die New World Translation het dus ’n vaste grondslag om dit so te vertaal.

Sou Adam die gesprek tussen sy vrou en die slang waargeneem en na die leuens en lasterpraatjies van die onsigbare rebel agter die slang geluister het sonder om iets te doen? Dit is interessant dat Duitse Bybelgeleerde J. P. Lange hierdie gedagte verwerp en sê: “’n Mens kan jou dit nouliks voorstel dat die man gedurende die daad van die versoeking teenwoordig was, of dat hy sou stilbly.” En wanneer die Joodse kommentator B. Jacob die sinsnede “by haar” verduidelik, sê hy dit beteken “nie wat (gedurende die vorige daad of terwyl sy geëet het) by haar gestaan het nie”.

Eva se gesprek met die slang het getoon dat haar man haar vertel het van God se gebod om nie van die boom te eet nie (Genesis 3:3). As Eva se hoof het Adam dus daardie verantwoordelikheid nagekom. Die Duiwel het God se reëling van hoofskap geïgnoreer en het listig gebruik gemaak van die feit dat Eva alleen was. Sy het later geantwoord: “Die slang het my bedrieg, en ek het geëet” (Genesis 3:13). Eva is verlei omdat sy ’n leuen geglo het, maar dit het nie haar oortreding verskoon nie. Hierdie waarskuwende voorbeeld toon dat ons nooit ’n verskoning het om iets te doen wat verkeerd is in Jehovah se oë nie.—1 Timotheüs 2:14.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel