“Musiek wat genees”
’n Vrou in Spanje het aan die Duitse tak van die Wagtoringgenootskap geskryf: “Ek is so dankbaar dat ek eenvoudig móés skryf om julle daarvan te vertel.” Waarom was sy so dankbaar?
“Ek woon al omtrent nege jaar in Spanje”, verduidelik sy, “en een en ’n half jaar gelede het twee van julle jongmense die Bybel met my begin studeer. Ek het ’n artikel in Die Wagtoring gelees oor musiek wat genees, en ek het hulle gevra om die kassette vir my te kry.
“’n Tydjie daarna, toe ek terneergedruk en in pyn was, het ek die musiek gespeel. Wat ’n verskil het dit gemaak! Binne ’n kort tydjie was die emosionele pyn weg en het my luim heelwat verbeter. Ek was so bly dat ek daardie musiekkassette gehad het! Ek luister van toe af dikwels na hulle as ek nie kan slaap nie. Dit is werklik musiek wat genees.”
Baie waardeer die album Sing Praises to Jehovah, wat agt kassette met klaviermusiek bevat. As jy hierdie album wil ontvang, moet jy die bygaande koepon invul en pos.
Dit maak deel uit van ’n wêreldwye Bybelopvoedkundige werk wat deur vrywillige skenkings ondersteun word.
Ek wil graag die album Sing Praises to Jehovah, met die agt musiekkassette ontvang. (Skryf buite die RSA aan plaaslike Wagtoringtakke vir inligting. Sien bl. 2.)