Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w90 6/15 bl. 3-4
  • Die soeke na veiligheid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die soeke na veiligheid
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • Die stryd om ’n einde te maak aan misdaad
    Ontwaak!—1996
  • Kan die mens blywende vrede en veiligheid bring?
    Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind?
  • Die verlore stryd teen misdaad
    Ontwaak!—1998
  • Ware vrede en veiligheid is ophande!
    Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind?
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
w90 6/15 bl. 3-4

Die soeke na veiligheid

VEILIGHEID. Wêreldleiers onderhandel daaroor. Godsdiensleiers bid daarvoor. Tog lyk veiligheid vir die gewone man op straat na ’n ontwykende droom. Een voorbeeld is Ron wat in Johannesburg werk toe gestap het.

“Vyf mans het my omsingel, een met ’n mes teen my keel en ’n ander met ’n mes teen my rug. In ’n oogwink het hulle my sakke leeggemaak. Ek het soos ’n geplukte hoender gevoel. Verbygangers het my eenvoudig geïgnoreer.” Ron het hom nie verset nie en het ongedeerd daarvan afgekom.

Dit is vir talle ’n spanningsvolle ondervinding om in enige groot stad op straat te wees. ‘Hoe kan ek voorkom dat ek beroof word?’ is altyd in hulle agterkop. Hulle haas hulle om hulle inkopies klaar te doen sodat hulle na die veiligheid van die huis kan terugkeer. Maar hoe veilig is die huis? “Die kanse dat iemand die heiligheid van jou huis sal binnedring, ’n deel van of al jou besittings sal vat en spoorloos sal verdwyn, neem elke jaar drasties toe”, sê die boek Total Home Security.

Huiseienaars sit gevolglik kennisgewings op wat indringers waarsku dat daar kwaai honde op die werf is of dat die werf deur ’n gewapende patrollie gemonitor word. In talle buurte werk huisbewoners saam in ’n poging om misdaad te bekamp. “Daar is meer as 60 000 skemas in Brittanje alleen waarby 750 000 huisgesinne betrokke is”, sê die tydskrif Security Focus. “Met die toename in misdaad behoort dit tot die verlede dat bure nie op goeie voet met mekaar verkeer nie”, het ’n versekeringsmakelaar van Afrika gesê.

Lede van buurtwagskemas sien om na mekaar se welstand en meld enige verdagte aktiwiteit by die polisie aan.a Maar ’n nuusbrief het aan ’n groeplid by wie se huis ingebreek is, verduidelik: “Ongelukkig is die skema nie ’n waarborg dat daar nooit weer by jou ingebreek sal word nie. Geen bestaande veiligheidskema kan daardie bewering maak nie. . . . Jy moet steeds seker maak dat jou deure gesluit is, dat jy ’n diefalarm het en dat jy redelike veiligheidsvoorsorgmaatreëls getref het.”

Hoewel buurtwagskemas wel ’n uitwerking gehad het, is dit te betwyfel of hulle die misdaadsyfer as ’n geheel laat daal. “Beweerde afnames in misdaad in ’n klein gebied is slegs ‘suksesse’ as daar min of geen ‘verskuiwing’ van daardie misdaad na aangrensende gebiede is nie”, verduidelik Shapland en Vagg in Policing by the Public. In party stede waar buurtwaggroepe dus buitengewone sukses berig het, was daar ’n buitengewone toename in misdaad in ander gebiede van dieselfde stede waar dit moeilik is om sulke skemas te organiseer.

“Daar is sekere gebiede waar buurtwag nie so doeltreffend is nie”, erken die sekretaresse van ’n landwye skema wat meer as 20 000 lede het. Sy het gepraat van groot erwe “buite die stad waar die bure mekaar nie kan sien nie en waar patrolliediens nie werk nie”. ’n Egpaar het byvoorbeeld van ’n Amerikaanse stad na ’n stuk grond van 20 hektaar naby ’n dorpie getrek. Binne ’n paar jaar is daar twee keer by hulle huis ingebreek. Die vrou het die gevoelens van talle plattelanders uitgespreek: “Ek probeer om normaal op te tree, maar ek’s bang. . . . Ek voel nooit veilig nie.” In lande wat deur politieke konflik geteister word, kry plattelanders met bykomende gewelddadigheid te doen en word daar dikwels druk op hulle uitgeoefen om kant te kies.

Geen wonder dat baie na ‘die goeie ou dae’ verlang nie. “Omstreeks die begin van hierdie eeu”, sê die boek The Growth of Crime, “was daar . . . ’n algemene opvatting dat [misdaad] minder ernstig sou word.” Maar wat het eerder gebeur? Skrywers sir Leon Radzinowicz en Joan King verduidelik: “In die eerste twintig jaar van die eeu, selfs gedurende die Eerste Wêreldoorlog, het misdaadsyfers betreklik konstant gebly; dit het bloot tred gehou met die bevolking. Dit was in die na-oorlogse depressie dat ’n volgehoue neiging waarneembaar geword het. Gedurende die jare van ekonomiese beroering, werkloosheid en nog ’n groot oorlog het [misdaad] onkeerbaar toegeneem . . . Die een ding wat jou in die oog tref wanneer jy na misdaad op die wêreldskaal kyk, is ’n deurlopende en volgehoue toename alom.”

Hierdie ‘vermeerdering in ongeregtigheid’, hoewel vir talle onverwags, is in werklikheid voorspel. Die groot rampe wat die mensdom sedert die begin van die Eerste Wêreldoorlog in 1914 getref het, is lank gelede in die Bybel aangetoon. Jesus het voorspel dat die mens se goddelose stelsel ten einde sal loop: “Die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.”—Mattheüs 24:3, 7, 12; sien ook Lukas 21:10, 11.

“As hierdie dinge begin gebeur”, het Jesus bygevoeg, “kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.” Jy het dus rede om optimisties te wees. Die mens se soeke na aardwye veiligheid sal binnekort bevredig word.—Lukas 21:28-32.

[Voetnote]

a Wanneer Christene aangespoor word om lede van beskermingspatrollies te word, is hulle bly dat hulle die beginsels in Jesaja 2:2-4 en Johannes 17:16 as riglyne het.—Sien Die Wagtoring, 15 September 1983, bladsye 22-24.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel