“Die hoop op ’n beter wêreld”
Toe hy Montreal in Julie 1985 besoek het, het Gilles Le Sieur per ongeluk sy aktetas op ’n moltrein vergeet. Die dag nadat hy by sy huis, sowat 260 kilometer van Montreal af, aangekom het, het ’n jong vrou wat die tas gevind het hom gebel. Gilles en sy vrou het na Montreal teruggekeer om die tas te gaan haal. Hulle het by hul aankoms vir die jong vrou ’n eksemplaar van die boek Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe gegee. Sowat twee weke later het hulle ’n waarderende brief van haar ontvang wat onder meer gesê het:
“Ek weet nie wie verlede week vir wie die grootste guns bewys het nie. Hoewel ek geen beloning verwag het nie, was ek beïndruk deur julle dankbaarheid. Ek het dit veral op prys gestel dat julle die bron van julle geluk met my wou deel. . . . Ek het die boek wat julle my gegee het reeds deurgelees, en wanneer julle hierdie brief lees, sal een van my vriende besig wees om die boek te lees. Julle was reg oor die voordele wat hierdie boek inhou. Dit het my nie net die hoop op ’n beter wêreld gegee nie, maar het baie vrae beantwoord wat my godsdiens nooit kon nie. . . . Ek lees nou weer die Bybel en wil graag ’n beter lewe lei.”
Hierdie jong vrou het haar Bybelstudie voortgesit en mettertyd ’n voltydse bedienares geword van die goeie dinge wat sy geleer het. Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe het gehelp om baie mense se lewe te verbeter. Die boek, waarvan die bladsye so groot soos hierdie tydskrif s’n is, bespreek feitlik elke Bybellering en bevat meer as 150 leersame illustrasies. Jy kan hierdie waardevolle publikasie ontvang deur bloot die bygaande koepon in te vul en te pos.
Dit maak deel uit van ’n wêreldwye Bybelopvoedkundige werk wat deur vrywillige skenkings ondersteun word.
Ek wil graag die hardebandboek met 256 bladsye Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe ontvang.