Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w90 5/15 bl. 30
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Ouderwets?
  • Die beste voorkoming
  • Hoe om jou kinders te beskerm
    Ontwaak!—2003
  • Hoe onwettige dwelms jou lewe benvloed
    Ontwaak!—1999
  • Jongmense en dwelms
    Ontwaak!—2003
  • Kan die stryd teen dwelms gewen word?
    Ontwaak!—1999
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
w90 5/15 bl. 30

Insig in die nuus

Ouderwets?

Volgens ’n Anglikaanse priester in Adelaide, Australië, is waarskuwings teen fisiese stimulering van die liggaam wat tot hoerery en owerspel kan lei ouderwets en uit nie-Christelike bronne afkomstig. In sy onlangse studie oor seksualiteit sê hy dat paartjies wat verloof is nie noodwendig gesondig het as hulle voorhuwelikse geslagsomgang gehad het nie. Die studie beweer ook dat homoseksualiteit in sommige gevalle aanvaarbaar kan wees. Volgens Brisbane se Courier Mail het ’n woordvoerder vir die Uniting Church in Australië “met die grondbeginsels van die berig saamgestem”.

Die Bybel sê egter dat dit God se wil is dat almal hulle “moet onthou van die hoerery” en dat ‘geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete die koninkryk van God sal beërwe nie’ (1 Thessalonicense 4:3, 4; 1 Korinthiërs 6:9, 10). Diegene wat die Bybel as die geïnspireerde Woord van God aanvaar, erken beslis dat die Bybelse beskouing van seks van die alwyse Skepper kom. Die uitwerking daarvan op diegene wat volgens Bybelstandaarde lewe, bewys dat hierdie sogenaamd ouderwetse sedelike riglyne steeds gesinstabiliteit in die hand werk en ’n beskerming is teen die diep emosionele wonde en walglike siektes wat uit onsedelike gedrag voortspruit.

Die beste voorkoming

Dwelmmisbruik bly ’n ernstige probleem. Wat is dan die beste manier om jongmense teen dwelmmisbruik te beskerm? In ’n onderhoud wat in die Brasiliaanse koerant O Estado de S.Paulo gedruk is, het Franse professor en psigiater Claude Olievenstein beklemtoon dat riglyne en liefdevolle ondersteuning nodig is. Hy het gesê: “Wanneer mense vandag oor dwelms praat, word die rol van die polisie, die regstelsel en die skool benadruk. Maar die ding wat die nodigste is, is voorkoming van [dwelmgebruik] op gesinsvlak . . . Baie kinders weet nie wat ouerlike gesag is nie. Die vader is afwesig; hy het blykbaar bedank.”

Dr. Olievenstein het verduidelik waarom die voorkoming van dwelmmisbruik op gesinsvlak noodsaaklik is en bygevoeg: “Ons lewe in ’n gemeenskap van eie gewin waar mense skaam is vir sedes. Wanneer ons kinders weens dwelms ’n spesifieke gedrag begin openbaar, is dit omdat ons nie meer sedes bekendmaak nie. Ons gemeenskap het hard, ongevoelig en geïndustrialiseerd geword. Mense dink net aan die stryd om aan die lewe te bly.”

Volgens die tydskrif Superinteressante bevestig ’n Amerikaanse opname die belangrikheid van ouerlike gesag. Die tydskrif sê: “Adolessente wat die beste presteer in skooleksamens en emosioneel meer stabiel is, kom uit gesinne waar ouers gesag uitoefen deur vaste gedragsreëls te bepaal en vryheid binne duidelike perke te bied. Die verhouding van adolessente wat aan dwelms en alkohol verslaaf is, is eweneens merkbaar minder in sulke gesinne.”

Die Bybel vermaan ouers met goeie rede: “Tugtig jou seun, dan sal hy jou rus gee en aan jou siel vreugde verskaf” (Spreuke 29:17). Ja, teregwysing wat op die Bybel gebaseer is, kan ouers help om dwelmmisbruik te voorkom en die gehalte van lewe vir die hele gesin te verbeter.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel