‘Die raad in die boek het gewerk’
Dit is wat ’n jeugdige uit Maryland, VSA, skryf oor die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk. “Ek het die hele boek in twee dae deurgelees”, het sy gesê, “en kon nie ophou om mense daarvan te vertel nie.
“Ek het gevind dat hoofstuk 6, ‘Waarom is dit so moeilik om met my broer en suster oor die weg te kom?’ my gehelp het omdat ek soms nogal jaloers raak op my ouer suster. Maar nadat ek die boek gelees het, het ek gou besef dat ek nie jaloers moet wees omdat sy sekere regte het wat ek nie het nie. As dit gelyk het asof ons gaan stry kry, het ek die raad in die boek toegepas. Dit het gewerk! Nou word die verhouding tussen my en my suster hegter.”
Dit is nie maklik om in hierdie moeilike tye groot te word nie. Jongmense kom voor talle nuwe situasies te staan en moet groot besluite neem. Moet ek drank gebruik? Dwelms aanvaar? Wat is behoorlike gedrag teenoor iemand van die ander geslag? Jongmense het antwoorde nodig wat werk. Ons glo dat jy en jou kinders groot voordeel sal trek uit hierdie aantreklik geïllustreerde publikasie met 320 bladsye. Jy kan ’n eksemplaar ontvang deur die koepon in te vul en te pos. Dit kos slegs R3,75.
Stuur asseblief die hardebandboek met 320 bladsye Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk posvry aan my. Ek sluit R3,75 in.