Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w90 4/15 bl. 31
  • Is jy jou eie afgod?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is jy jou eie afgod?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
w90 4/15 bl. 31

Is jy jou eie afgod?

Party mense maak afgode van hulleself sonder dat hulle dit besef. Die Bybel verduidelik in Efesiërs 5:5: “Dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ’n afgodedienaar is, ’n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie.” (Kolossense 3:5; vergelyk Galasiërs 5:19-21.) Vleeslike begeertes kan tussen die mens en God kom. Paulus sê van sulkes: “Hulle god is die buik” (Filippense 3:18, 19). Hulle het met ander woorde ’n ander “god” buiten Jehovah, omdat hulle hulle eie vleeslike begeertes eerste stel. Sulke gedrag kan ’n persoon uit God se Koninkryk uitsluit (1 Korinthiërs 6:9, 10). Daar is dus goeie rede om ag te slaan op die apostel Paulus se woorde: “Daarom, my geliefdes, vlug vir die afgodediens.”—1 Korinthiërs 10:14.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel