Hy was gefassineer
Toe ’n jong vrou een lentedag verlede jaar in New York op ’n moltrein gery het, het sy die boek Openbaring—Sy groot klimaks is ophande! gelees. Die man wat langs haar gesit het, het die publikasie gesien, en elke keer as sy omgeblaai het, was hy gefassineer deur die treffende illustrasies. “O, daardie boek lyk so interessant!” het hy gesê.
“Ja, dit is”, het die vrou geantwoord. “Dit verduidelik die Bybelboek Openbaring hoofstuk vir hoofstuk.”
“Hoe kan ek een in die hande kry?” wou die man weet.
“By Jehovah se Getuies”, het sy gesê. Maar toe het sy voortgegaan: “Jy weet, hierdie eksemplaar wat ek het, is nuut, en dit kos slegs $3 [R7,50]. Jy kan dit maar kry.”
Hy het onmiddellik die geld uit sy sak gehaal en die boek aanvaar. Net toe het die trein stilgehou, en hy moes afklim.
Hierdie fassinerende hardebandboek, waarvan die bladsye so groot soos dié van hierdie tydskrif is, bied ’n vers-vir-versbespreking van die hele Bybelboek Openbaring. Dit identifiseer die diere, die draak, die groot hoer en die ander simbole van Openbaring op ’n duidelike, logiese manier. Jy sal die betekenis vir ons dag sien. Bestel dit vandag.
Stuur asseblief die boek met 320 bladsye Openbaring—Sy groot klimaks is ophande! posvry aan my. Ek sluit R7,50 in.