Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 12/15 bl. 29
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • “Geen deel van hierdie wêreld nie”
  • Steel geen sonde nie?
  • Afgodiese handel
  • Waarom neem diefstal toe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Regverdig armoede dat ’n mens steel?
    Ontwaak!—1997
  • Steel—Waarom nie?
    Ontwaak!—1995
  • Hoe kan godsdiens die spanning verlig?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 12/15 bl. 29

Insig in die nuus

“Geen deel van hierdie wêreld nie”

Toe meer as honderdduisend mense Wes-Berlyn se Olimpiese Stadion vir die laaste sessie van die Konferensie van die Duitse Evangeliese Kerk gevul het, het kerkpresident Helmut Simon hulle aangespoor om by die politiek betrokke te raak.

Simon het kwessies soos die behoorlike benutting van hulpbronne, ekologiebewaring, die instelling van ’n regverdige ekonomiese stelsel, ’n einde aan die wapenwedloop en die beëindiging van werkloosheid genoem. Na sy mening tel hierdie sake onder die mensdom se onopgeloste bedreigings. Die Duitse koerant Frankfurter Allgemeine Zeitung berig dat hy sy luisteraars van die dringendheid van hierdie sake probeer oortuig het deur te sê “dat niks beters met die gemeenskap in die Weste en die Ooste kan gebeur as dat hulle burgers by die politiek betrokke raak nie”. Simon het al die aanwesiges aangespoor “om sodanige betrokkenheid as ’n plig en die kerkkonferensie as ’n Protestantse burgerregtebeweging te beskou”.

Maar is dit reg dat ware Christene by sulke politieke bewegings betrokke raak? Het Jesus nie gesê sy volgelinge “is geen deel van die wêreld nie, net soos [hy] geen deel van die wêreld” was nie? (Johannes 17:16, NW). Jesus het sy volgelinge geleer om vir God se Koninkryk as die enigste ware hoop vir die mensdom te bid. Waarom? Omdat God se Koninkryk, soos die profeet Daniël lank gelede voorspel het, die mislukte wêreldregerings sal ‘verbrysel en daar ’n einde aan sal maak, maar self vir ewig sal bestaan’.—Daniël 2:44.

Steel geen sonde nie?

Is dit ’n sonde om te steel? Volgens Katolieke priester Ivo Storniolo is dit nie altyd nie. Volgens O Estado de S. Paulo, ’n Brasiliaanse koerant, het Storniolo gesê dat “God die stelery van die armes seën en wettig”. Hy het later gesê dat hy “alleenlik die armes wat steel om aan die lewe te bly” bedoel het. Volgens hierdie priester se beskouing moet jongmense wat steel nie gestraf word nie, want hulle is “reeds deur die invloedrykes beroof”. “Na sy mening”, berig O Estado, “is marginais [uitgeworpenes of wanaangepastes in die samelewing, dikwels arm of werkloos] ook ‘onder God se uitverkorenes’.”

Steun die Bybel sulke redenasies? Beslis nie. Hoewel Jesus sy volgelinge aangespoor het om barmhartig teenoor die behoeftiges te wees, het hy nooit gesê dat maatskaplike probleme, soos armoede, diefstal regverdig nie. Dit is eerder soos die apostel Paulus geskryf het: “As iemand ’n dief is, moet hy ophou steel; hy moet deur harde werk op ’n eerbare manier self in sy lewensonderhoud voorsien; dan sal hy iets hê om vir die armes te gee.”—Efesiërs 4:28, NAV.

Afgodiese handel

’n Nasionale uitstalling van godsdiensvoorwerpe en -meubels, wat in die noorde van Italië gehou is, het 97 maatskappye toegelaat om hulle produkte te vertoon. Tussen die artikels wat uitgestal is, was ’n verwarmde, klankdempende biegstoel met ’n higiëniese rooster en ’n opgestopte stoel. Daar was ook reuklose “Pous Johannes”-votiefkerse met 40-uur-tydtoestelle; gerekenariseerde kerkklokkonserte; “brandkasagtige” versterkte aalmoesbussies; opvoedkundige video’s vir kinders (bv. The Bible according to Johnny) en kunsleeraktetasse met die noodsaaklikhede vir ’n opelugmis.

Modes vir geestelikes was ook op die tentoonstelling te sien. Twee “ontwerpers van godsdienstige modes” het aan die Italiaanse koerant La Stampa verduidelik dat ‘veral jong priesters ’n nuwe voorkoms wil hê, suiwer wol met borduurwerk in die Duitse styl, ’n reglynige snit, eenvormig, eenvoudig, en tog weelderig. En danksy God doen ons goeie sake.’

Godsdienstige toerisme beteken ook inkomste vir die handel. “Daar is elke jaar 15 miljoen mense wat om godsdienstige redes reis, en toerorganiseerders, godsdienstig of nie, ding om hulle ondersteuning mee”, berig die Italiaanse koerant La Repubblica. Ter toeligting sê die Italiaanse koerant Il Messaggero van die “Sint” Antoniusbasiliek in Padua dat “mense nie net in hotelle miljoene uitgee nie, maar dat veral die geldbussies van die basiliek gevul word met miljoene vir heilige prente en aandenkings”.

Dit is geen wonder dat “die handelaars van die aarde sal ween en rou bedrywe oor haar” wanneer die Christendom saam met alle valse godsdiens vernietig word nie. Openbaring 18:11 gaan voort: “Omdat niemand hulle koopware meer koop nie.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel