Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 9/15 bl. 30
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Sataniese invloed
  • “Buite beheer”
  • Die jeug van vandag—’n Maklike prooi vir Satanisme?
    Ontwaak!—1994
  • Satanaanbidding in ons dag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Belangstelling in die okkulte—Is dit gevaarlik?
    Ontwaak!—2002
  • Satanisme se handlangers—dwelms en heavy metal-musiek
    Ontwaak!—1994
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 9/15 bl. 30

Insig in die nuus

Sataniese invloed

Nadat hy navorsing gedoen het oor die invloed van Satanisme in rock- en “heavy metal rock”-musiek skryf Tom Harpur, koerantrubriekskrywer van Toronto, in The Sunday Star: “Ek moet die sterkste waarskuwing moontlik gee teen wat tans gebeur. . . . Ek het nog nooit iets gesien wat so verdorwe is nie. Die liedjies draai om kranksinnigheid, besetenheid, demone, bloed, vervloekings, alle soorte geweld, waaronder verkragting, selfverminking, moord en selfmoord. Die dood en vernietiging, voorspellings van onheil, die loëning van alles wat goed is en die aangryping van alles wat afgryslik en boos is—dit is die temas.”

Saam met die toename in sataniese musiek is daar ’n toename in sataniese kultusse in die Verenigde State en Kanada. The Globe and Mail, ’n Kanadese koerant, het oor ’n onlangse polisieseminaar in Ontario berig en gesê dat sataniese kultusse hulle skuldig maak aan “diereofferandes, die skending van begraafplase en die rituele misbruik van kinders”. Speurder James Bradley van Washington, DC, het honderde gevalle van kindermishandeling aan ritualistiese misdade van Satanisme gekoppel. Volgens The Globe and Mail voeg speurder Bradley by dat berigte van kindermishandelingrituele oor die afgelope vyf jaar van “honderde kinders, honderde maatskaplike werkers en onderwysers” ontvang is.

Die apostel Johannes het oor “die laaste dae” van die huidige bose stelsel van dinge geskryf: “Die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het” (2 Timotheüs 3:1; Openbaring 12:12) Selfs die wêreld se pop-musiek is deurdring van die invloed van Satan, “die owerste van die mag van die lug” (Efesiërs 2:2). Dit is waarom die apostel Paulus mede-Christene gemaan het om ‘staande te bly teen die liste van die duiwel’.—Efesiërs 6:11.

“Buite beheer”

Miljoene mense was geskok en verslae toe ’n 28-jarige vroulike drawwer in die stad New York se Central Park geslaan en verkrag is. Die rede? Die wrede en gruwelike aanval is deur ’n bende tieners gedoen wie se “walglike verlustiging in die nadraai en hulle onverskilligheid teenoor die lyding wat hulle veroorsaak het waarlik skrikwekkend is”, berig die New York Post. Volgens berig was sommige van die jeugdiges wat vir die gruweldaad verantwoordelik was maar net 14. Een skrywer van die Post, wat ontsteld was oor die aanval, het erken dat die wêreld vandag “ongedissiplineerd, genotsugtig, deurtrek van dwelms, seksbehep, vol gebroke gesinne en geweldmal is”. Hy het bygevoeg dat dinge “buite beheer is, en die vraag is: waarom?”

Hierdie geslag van ongeëwenaarde geweld is in werklikheid presies wat die apostel Paulus in 2 Timotheüs 3:1-5 voorspel het. Hy verduidelik daar dat “die laaste dae” gekenmerk sou word deur mense wat ‘selfsugtig, geldgierig, grootpraterig en verwaand’ is. Hulle sal boonop beledigend “teenoor hulle medemense en ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar en ongodsdienstig [wees]; hulle sal liefdeloos en onversoenlik wees, kwaadpraters, bandeloos en wreed, sonder liefde vir die goeie; hulle sal verraaiers wees, roekeloos en hooghartig. Hulle sal eerder liefde vir genot hê as liefde vir God” (NAV). Sal hierdie gewelddadige wêreld onbepaald “buite bedwang” bly? Nee! Jesus het gesê: “As hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.”—Lukas 21:28.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel