Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 7/1 bl. 3
  • Waarom jy die waarheid moet weet omtrent Abraham

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waarom jy die waarheid moet weet omtrent Abraham
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Soortgelyke materiaal
  • Wie was Abraham?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Jehovah het hom “my vriend” genoem
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • Abraham—’n Man van liefde
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • God toets Abraham se geloof
    My boek met Bybelverhale
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 7/1 bl. 3

Waarom jy die waarheid moet weet omtrent Abraham

ABRAHAM—’n mitologiese held of ’n ware profeet? Hoe belangrik is die antwoord op daardie vraag? Volgens Bybelchronologie het Abraham sowat 4 000 jaar gelede gelewe. Sommige kan gevolglik redeneer: ‘Watter verskil maak dit of hy werklik bestaan het of nie?’

Wel, die helfte van die wêreld se bevolking behoort tot godsdienste wat beweer dat hulle aan Abraham glo. Volgens die 1988 Britannica Book of the Year is 32,9 persent van die wêreld Christene, 17,2 persent Moslems en 0,4 persent Jode, en vir al drie hierdie godsdienste is Abraham ’n belangrike figuur. Opregte lidmate van hierdie godsdienste sou ongetwyfeld wil verseker dat hulle die waarheid oor Abraham geleer is. Selfs diegene wat tot ander gelowe behoort of dié wat glad nie ’n geloof bely nie, behoort belang te stel. Waarom?

Omdat die Bybel sê dat Abraham ’n profeet was (Genesis 20:7). Dit is ’n Bybelse woord wat gebruik word om ’n woordvoerder van God te beskryf wat ’n boodskap aan ander mense oordra. Indien Abraham ’n ware profeet was, sal dit almal bevoordeel. Waarom? Omdat die boodskap wat hy ontvang het goeie nuus vir die hele mensdom ingehou het (Galasiërs 3:8). Volgens die Bybel het God Abraham belowe: “In jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.”—Genesis 12:3.

Dit is ’n verstommende belofte, en Abraham het dit by ten minste twee ander geleenthede gehoor (Genesis 18:18; 22:18). Die vervulling daarvan vereis dat die God van Abraham verteenwoordigers van “al die geslagte” wat nog ooit geleef het uit die dood opwek. Daarbenewens sal die lewe vir sulke verresenes alleenlik ’n seën wees as hulle kan terugkeer na ’n aardse toestand wat ooreenkom met die Paradys wat die mens oorspronklik verloor het. Daarna moet hulle geleer word hoe om die ewige lewe as seën te verkry.—Genesis 2:8, 9, 15-17; 3:17-23.

As Abraham daarenteen net ’n mitologiese figuur was, sal daar geen grondslag wees vir geloof in die wonderlike belofte wat hy ontvang het nie. Indien Bybelbeloftes nie vertrou kan word nie, kan party dit boonop as rede aanvoer om hulle heeltemal aan die genietinge van die teenswoordige lewe oor te gee. Soos een van die vroeë Christene geskryf het: “As die dode nie opgewek word nie, laat ons dan eet en drink, want môre sterf ons!”—1 Korinthiërs 15:32.

Jy het dus alle rede om die vraag te ondersoek: Was Abraham net ’n mitologiese held of was hy ’n ware profeet? Dit sal jou dalk skok om te weet wat prominente 19de-eeuse geestelikes hieroor gesê het. Intussen het argeoloë verbasende ontdekkings gedoen, wat daardie geestelikes se beskouings betwis.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel