Sy het die bus verpas
JAMES het eendag gesien hoe sy dogter Rebecca buitengewoon stadig stap om die skoolbus te haal. Hoewel Rebecca kon sien dat die bus kom, het sy selfs stadiger gestap en die bus opsetlik verpas.
James en sy vrou, Veronica, het die saak daardie selfde aand bespreek deur die verhaal “Jona en die groot vis” in My boek met Bybelverhale te hersien. Dit was een van Rebecca se gunstelinge. Nadat hulle die verhaal bespreek het, het die ouers dit met hul dogter se probleem in verband gebring. Sy het gesnap waarom dit gaan en gesê: “Al het Jona weggehardloop en op see in die moeilikheid gekom, en al het die vis hom ingesluk en uitgespoeg—sy werk vir Jehovah het nog vir hom gewag, en hy moes dit doen.”
Rebecca het die volgende dag met ’n nuwe gesindheid en met My boek met Bybelverhale onder haar arm skool toe gegaan.
Jy kan ’n eksemplaar van hierdie pragtig geïllustreerde publikasie in groot druk met 256 bladsye ontvang deur die bygaande koepon in te vul en te pos.
Stuur asseblief die hardebandboek My boek met Bybelverhale posvry aan my. Ek sluit R6 in.