Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 3/15 bl. 2-3
  • Jy kan kosbare skatte vind!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jy kan kosbare skatte vind!
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Inspanning noodsaaklik
  • Hou aan soek soos na verborge skatte
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Vind skatte wat ‘sorgvuldig verborge is in hom’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Ons het kosbare skatte om met ander te deel
    Ons Koninkryksbediening—2008
  • “Jehovah self gee wysheid”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 3/15 bl. 2-3

Jy kan kosbare skatte vind!

“KAN jy iets sien?” het die welgestelde Engelsman gevra. “Ja, wonderlike goed”, het die Egiptoloog geantwoord. Die jaar was 1922, en Howard Carter het pas in die grafkelder van farao Toetankamen in Egipte se Vallei van die Konings ingekyk. Opgewondenheid blyk uit Carter se woorde:

“Namate my oë aan die lig gewoond geraak het, het besonderhede van die vertrek daarbinne stadig uit die mis te voorskyn gekom, vreemde diere, standbeelde en goud—oral die glinstering van goud. Vir die oomblik—dit het seker vir die ander wat by my gestaan het soos ’n ewigheid gevoel—was ek stom van verwondering . . . Ons het nooit van so iets gedroom nie, ’n vertrek vol—skynbaar ’n hele museum vol—voorwerpe.” Carter het erken dat hy “die gespanne verwagting . . . van die skatsoeker” ervaar het.

Daardie ontdekking het fabelagtige skatte aan die lig gebring wat meer as 3 000 jaar tevore versteek is. Maar God wil hê dat ons aan ’n veel groter skattejag moet deelneem. Dit is ’n baie lonender soektog as enige soektog na edelstene, goud of silwer. Hierdie skattejag is na goddelike wysheid, en een van die waardevolste kosbaarhede daarvan is die ewige lewe.—Johannes 17:3.

Inspanning noodsaaklik

Groot inspanning is nodig om ’n argeologiese terrein op te grawe. Dit is nie maklik om in onherbergsame terrein te grawe of in gevaarlike waters af te gaan op soek na verborge, begraafde of versonke skatte nie. Maar ernstige skatsoekers span hulle met graagte so in. Hulle verduur dikwels kwaai ontberings en oorkom oënskynlik onmoontlike hindernisse. Wel, is die soektog na goddelike wysheid nie selfs groter inspanning werd nie?

Ons kan kosbare skatte vind as ons ons in die nodige mate inspan om die Bybel en ware Christelike publikasies te bestudeer wat ons kan help om die juwele van wysheid daarin te vind. Voortgesette inspanning is noodsaaklik. Ons sal nie ryk word as ons na materiële skatte begin grawe, maar tou opgooi nadat ons bloot bolangs gegrawe het nie. Dieselfde geld as ons na geestelike skatte begin grawe en gou tou opgooi omdat ons dink dat dit te uitputtend is om aan te hou. “Die wysheid van bo” is vir diegene wat hulle inspan om dit te verkry (Jakobus 3:17). Moet jy jou nie in die nodige mate inspan om die kosbare skatte van goddelike wysheid te vind nie?

[Foto-erkenning op bladsy 2]

Foto op voorblad en bladsy 3: K. Scholz/H. Armstrong Roberts

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel