’n Geleetheid om te onthou!
DIT was 14 Nisan van die jaar 33 G.J.
Jesus het ’n beker wyn en ’n ongesuurde brood met sy apostels gedeel. Sy opdrag? “Doen dit tot my gedagtenis.—Lukas 22:19.
Jehovah se Getuies dwarsdeur die wêreld kom dus eenmaal per jaar bymekaar om Jesus se dood op die manier te herdenk wat hy beveel het op die nag toe hy daardie verklaring gemaak het. Vanjaar begin 14 Nisan op Woensdag, 22 Maart, teen sononder. Jy word hartlik uitgenooi om saam met ons by hierdie herdenkingsvergadering op daardie Woensdagaand aanwesig te wees. Vind asseblief plaaslik by Jehovah se Getuies uit wat die presiese tyd en plek vir die vergadering gaan wees.