Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 2/15 bl. 21
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Walglike onderrig
  • ’n Vals hoop
  • “Nie van die wêreld nie”
  • Het jy ’n onsterflike siel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Jou beskouing van seks—Maak dit saak?
    Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind?
  • Hoe sterk is jou geloof in die opstanding?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Lewe die siel na die dood voort?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 2/15 bl. 21

Insig in die nuus

Walglike onderrig

’n Kollege in die staat New York bied reeds die afgelope tien jaar ’n kursus in menslike seksualiteit aan waarvoor leerlinge drie krediete kan verwerf. Die leerlinge “moet ‘veldnavorsing’ gaan doen deur met prostitute te praat, kroeë vir homoseksuele te besoek of nudistestrande te bestudeer”, berig ’n rubriekskrywer in die New York Post. Die klashandboek verstrek glo breedvoerige instruksies oor mondelikse seks en moedig die masturbasiegewoonte aan. Volgens die Post kyk leerlinge as deel van die klaskamerleerplan na ’n rolprent met tonele van “paartjies wat geslagsomgang het” sowel as “vlakby-opnames van manlike en vroulike geslagsdele”. Wat kan verder van die norme van reinheid en deug verwyder wees as dit?—Filippense 4:8, 9.

Hoewel jongmense oor geslagsake ingelig moet word en ’n gesonde gesindheid daaroor moet hê, het ouers die primêre verantwoordelikheid om sulke instruksie te voorsien (Spreuke 22:6). Enige skoolkursus wat buite-egtelike seks aanmoedig en vereis dat leerlinge na pornografiese rolprente kyk en homoseksualiteit en prostitusie bestudeer, sal natuurlik nooit aanvaarbaar wees vir ware aanbidders van God nie. Die Bybel beskryf mense wat hoerery, egbreuk en homoseksualiteit beoefen onomwonde as mense met “skandelike hartstogte” wat “ontug” pleeg. Aangaande sulke dinge beveel die Bybel: “Julie [moet] jul . . . onthou van die hoerery.” Boonop sê dit: “Hoerery . . . moet onder julle selfs nie genoem word nie.”—Romeine 1:24-32, vgl. NW; 1 Thessalonicense 4:3; Efesiërs 5:3, 5; Galasiërs 5:19, 21.

’n Vals hoop

Mense wat “’n persoonliker toetrede” tot die dood wil hê, keer konvensionele begrafnisvorme die rug toe en wend hulle tot die eertydse gebruik van mummifisering, berig The Wall Street Journal. ’n Minimumprys van R17 250 “sal genoeg wees om ’n klant twee maande lank in wyn, kruie en chemiese preserveermiddels te laat lê, met geparfumeerde olies te laat invryf en in ’n kokon van linne, veselglas, poliëtileen en gips te laat toedraai”, sê die Journal. ’n Goue deklaag of juwele wat ingelê is op bronsdoodkiste in die vorm van die liggaam kan R230 000 of duurder wees.

Maar dit is nie net die feit dat mummifisering so uniek is wat klante lok nie. Een persoon het gesê dat “as dit waar is wat party Christene sê dat Christus ons op die oordeelsdag uit die graf gaan opwek, dan wil ek op my beste lyk”.

Soos die eertydse Egiptenare wat geglo het dat die liggaam bewaar moet word vir wanneer die siel in die hiernamaals terugkeer, grond sulke mense hulle hoop gewoonlik op die leerstelling dat die siel onsterflik is. Godsdiensleiers leer dat die liggame van die regverdiges en die goddeloses op die oordeelsdag met hulle onderskeie siele herenig sal word om hemelse geluk te smaak of tot die helse vuur verdoem te word.

Die leerstelling oor inherente onsterflikheid word egter nie in die Bybel aangetref nie. Die Bybel leer eerder dat die siel sterflik is. “Die siel wat sondig, dié moet sterwe” (Esegiël 18:4). Die Bybelse hoop van ’n toekomstige lewe berus dus nie op die oorlewing van ’n onsterflike siel nie, maar op die opstanding wat God ’n persoon sal gee sodat hy weer sy eie lewenspatroon en ’n gepaste liggaam met dieselfde identiteit en herinneringe as toe hy gesterf het, sal hê. Jesus kon dus tereg sê: “Daar kom ’n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan.”—Johannes 5:28, 29.

“Nie van die wêreld nie”

Verlede jaar het die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap met die stad New York se Raad vir Konsepraming byeengekom om ’n soneringsverandering vir die oprigting van ’n woongebou met 19 verdiepings aan te vra. Terwyl die meeste raadslede teen die projek gekant was, is die twee stemme ten gunste van die soneringsverandering deur die burgemeester van New York, Edward Koch, uitgebring. In ’n verklaring wat die rede vir sy besluit uiteengesit het, het burgemeester Koch gesê dat “Jehovah se Getuies . . . net as goeie bure beskou kan word . . . Ek het die grootste agting vir hulle.” Toe het hy bygevoeg: “Ek verneem dat hulle om godsdienstige redes nie in enige verkiesing stem nie, en dit is dalk een van die probleme met hierdie projek, want dit is baie moeilik vir mense wat nie stem nie om ’n omstrede saak te wen waarin ’n klomp mense druk op gekose amptenare uitoefen.”

Burgemeester Koch moet geprys word vir sy moed en onpartydigheid ondanks die feit dat soveel hom teengestaan het. Hoewel sake moontlik anders sou verloop het as Jehovah se Getuies aan politieke verkiesings deelgeneem het, kan hulle nie oorreed word om hulle neutrale standpunt ten opsigte van politieke geskille prys te gee nie—ongeag hoe groot die prys. Vir ware Christene is die situasie duidelik. Jesus het gesê: “Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.”—Johannes 17:16.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel