Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w88 12/15 bl. 30
  • Onthou jy?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Onthou jy?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Soortgelyke materiaal
  • Bly staande teen Satan se liste
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Die Codex Sinaiticus word gered
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Help ander om God te aanbid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
w88 12/15 bl. 30

Onthou jy?

Het jy noukeurig aandag geskenk aan onlangse nommers van Die Wagtoring? Indien wel, sal jy waarskynlik die volgende onthou:

◻ Wat is die bron van ware geluk?

Jesus het gesê: “Gelukkig is . . . hulle wat die woord van God hoor en dit onderhou” (Lukas 11:28, NW). Jesus het gevolglik getoon dat ’n mens ware geluk vind deur ’n getroue kneg van God te wees en sy wil te doen.—8/15, bladsy 8.

◻ Wat is een manier waarop ons Satan se subtiele en geslepe dade kan weerstaan?

As ons Satan wil weerstaan, moet ons onsself ondersoek. Het ons ’n swakheid wat Satan kan uitbuit of nou besig is om uit te buit? Byvoorbeeld: Het ons ’n egoprobleem? Moet ons altyd die eerste of beste wees? As ons onsself ken, kan ons sulke probleme regstel mits ons nederig is. Op hierdie manier sal ons ons nie aan Satan se aanvalle blootstel nie.—9/1, bladsye 15, 16.

◻ Wat is die simboliese teken wat die teenbeeldige ‘man in linne’ aanbring op diegene wat Christus se “ander skape” word? (Esegiël 9:2-4; Johannes 10:16).

Die “teken” is die bewys dat sulke regskape persone toegewyde, gedoopte persone met ’n Christelike persoonlikheid is.—9/15, bladsy 14.

◻ Wat het die apostel Petrus bedoel toe hy gesê het dat ons “mekaar vurig [moet] liefhê uit ’n rein hart”? (1 Petrus 1:22).

“Vurig” beteken letterlik “uitgestrek”. As Christene sulke liefde onder mekaar wil betoon, verg dit inspanning en dat ons ons harte moet verruim sodat hulle mense kan insluit tot wie ons gewoonlik nie aangetrokke sou voel nie.—10/1, bladsy 12.

◻ Wat is die tempel waarvan Openbaring 11:1 praat, en wanneer het dit in aansyn gekom?

Dit is die groot geestelike tempel, waarvan die allerheiligste Jehovah se woonplek in die hemel is. Dit het in 29 G.J. in aansyn gekom toe Jesus gesalf is en as hoëpriester begin dien het (Hebreërs 3:1; 10:5).—10/15, bladsy 12.

◻ Wat is die Codex Sinaiticus en hoe belangrik is dit?

Die Codex Sinaiticus bevat die hele Christelike Griekse Skrifte en ’n Griekse vertaling van dele van die Hebreeuse Skrifte. Dit is ten minste 1 600 jaar oud, en dit vorm ’n noodsaaklike skakel in ons katalogus van Bybelmanuskripte.—10/15, bladsye 30, 31.

◻ Wat is nodig vir die grootste geluk in die huwelik?

Elke huweliksmaat moet sorg dat God in hulle huwelik is. Op hierdie manier sal daar in hulle geestelike behoeftes voorsien word, en die huweliksband sal versterk word (Prediker 4:12; Mattheüs 5:3, NW).—11/1, bladsy 16.

◻ Wat is “die vrede van God” waarvan die apostel Paulus in Filippense 4:7 praat?

Hierdie vrede is ’n godgegewe rus en kalmte, selfs onder die beproewendste omstandighede. Dit spruit voort uit ’n hegte verhouding met Jehovah en die wete dat ons doen wat hom behaag.—11/1, bladsy 30.

◻ Waardeur word ’n mens deur Jehovah goedgekeur?

Deur toewyding en doop is dit moontlik dat ’n onvolmaakte mens ’n ‘mens van welwillendheid’ word, of ’n mens wat deur God goedgekeur word (Lukas 2:14, NW).—11/15, bladsy 11.

◻ Wat kan ouers doen om hulle minderjarige kind wat ’n oortreding begaan het te help, selfs as hy nie meer as ’n ongedoopte verkondiger kan dien nie of as hy uitgesit word?

Net soos die ouers hom steeds van voedsel, klere en onderdak sal voorsien, moet hulle hom ooreenkomstig God se Woord onderrig en dissiplineer. Hulle kan met hom alleen studeer of kan toelaat dat hy steeds aan die gesinstudiereëling deelneem.—11/15, bladsy 20.

◻ Hoe het Joodse tradisie God se gebod in Exodus 20:12 dat kinders hul ouers moet eer tot niet gemaak?

’n Persoon kon plegtig belowe dat sy eiendom later aan die tempel geskenk sal word deur dit as “korban” te verklaar, wat beteken het “’n gawe wat aan God opgedra is” (Markus 7:11, NW). Hierdie korban kon steeds vir daardie persoon se eie gewin gebruik word, maar hy kon sy ouers dit ontsê.—12/1, bladsye 4, 5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel