Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w88 11/15 bl. 30-31
  • Bewys van goddelike bewaring

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bewys van goddelike bewaring
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe betroubaar is die teks?
  • ’n Belangrike fragment van Johannes se Evangelie
  • ’n Antieke skat word uit die rommel gered
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Bevat die Bybel ’n akkurate verslag van Jesus se lewe?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Antieke manuskripte—Hoe word hulle ouderdom vasgestel?
    Ontwaak!—2008
  • Studie nommer 6—Die Christelike Griekse teks van die Heilige Skrif
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
w88 11/15 bl. 30-31

Bewys van goddelike bewaring

DIE geïnspireerde Woord van God is akkuraat aan ons oorgedra, en ons moet hoofsaaklik die Bybel se Outeur bedank dat dit so wonderlik bewaar is. Daar is omtrent 6 000 manuskripte van die hele Hebreeuse Skrifte of gedeeltes daarvan en ongeveer 5 000 van die Christelike Griekse Skrifte.

“Die woord van die Here bly tot in ewigheid” (1 Petrus 1:25). Maar wat het hedendaagse navorsing aan die lig gebring oor die bewaring van sy Heilige Woord?

Hoe betroubaar is die teks?

Hoe betroubaar is die teks van die Christelike Griekse Skrifte nou eintlik? Inderdaad uiters betroubaar, weergaloos wanneer ons ander werke ondersoek wat uit die ou tyd behoue gebly het. Hierdie feit is beklemtoon in die boek Auf den Spuren Jesu (In Jesus se voetstappe) deur Gerhard Kroll. Die skrywer het byvoorbeeld getoon dat net ses papiri van die werke van die Griekse filosoof Aristoteles (vierde eeu v.G.J.), wat hoofsaaklik uit die tiende eeu G.J. of daarna dateer, bewaar gebly het. Die werke van Plato (vierde eeu v.G.J.) het ’n bietjie beter gevaar. Daar is tien manuskripte van sy werke wat van voor die 13de eeu dateer. Wat Herodotus (vyfde eeu v.G.J.) betref, is daar ongeveer 20 papirusfragmente wat uit die eerste eeu v.G.J. en later dateer. Die eerste voltooide manuskripte van sy werk dateer uit die tiende eeu. En die oudste manuskripte van Josephus se werke dateer eers uit die 11de eeu.

In teenstelling hiermee word die teks van die Christelike Griekse Skrifte (wat in die eerste eeu G.J. voltooi is) gestaaf deur fragmente uit die tweede eeu en deur volledige kopiee uit die vierde eeu. Volgens Kroll is daar 81 papiri uit die 2de tot die 7de eeu, 266 unsiaalmanuskripte uit die 4de tot die 10de eeu en 2 754 kursiefmanuskripte uit die 9de tot die 15de eeu, asook 2 135 Bybelleesboeke. Al hierdie dinge help ons om die teks van die Christelike Griekse Skrifte te bevestig. Ja, daar is dus baie goeie bewyse van die egtheid daarvan.

’n Belangrike fragment van Johannes se Evangelie

Wie sou verwag om ’n deel van ’n waardevolle Bybelmanuskrip in ’n hoop vullis te vind? Dit is nietemin waar ’n kosbare fragment van hoofstuk 18 van Johannes se Evangelie gevind is. Dit staan nou bekend as die John Rylands-papirus 457 (P52) en word in Manchester, Engeland, bewaar. Hoe is dit ontdek, en waarom is dit so belangrik?

By die eeuwisseling het argeoloë buite die dorp Oxyrhynchus in die streek El Fajoem, Egipte, ’n hoop papirusfragmente opgegrawe, waaronder briewe, kwitansies, petisies en sensusdokumente, asook talle ander tekste. Die meeste van die fragmente is in Grieks geskryf, en hulle is almal eeue lank in die droe sand bewaar.

In die jaar 1920 is ’n versameling van hierdie papiri deur die John Rylandsbiblioteek van Manchester aangeskaf. Veertien jaar later het geleerde C. H. Roberts op ’n paar woorde afgekom wat vir hom bekend gelyk het terwyl hy deur sommige van die stukke gesoek het. Stel jou sy opgewondenheid voor toe hy besef het dat dit uit Johannes hoofstuk 18 was, met dele van verse 31 tot 33 op een kant van die fragment en dele van verse 37 en 38 op die ander kant (die keersy). Daar is vasgestel dat hierdie papirusfragment die vroegste bekende gedeelte van enige manuskrip van die Christelike Griekse Skrifte was wat nog ontdek is. Dit is geskryf in Griekse hoofletters, wat unsiale genoem word, en dateer uit die eerste helfte van die tweede eeu van ons Gewone Jaartelling.

Hierdie fragment is slegs 8,9 by 6,4 centimeter groot. Hoe is dit moontlik om die datum van hierdie stukkie papirus so akkuraat te bepaal? Hoofsaaklik deur die handskrifstyl te ondersoek, ’n studie wat as paleografie bekendstaan. Alle handskrifte verander geleidelik oor die jare, en dit is hierdie veranderinge wat die ouderdom van ’n manuskrip aandui met ’n foutgrens van ’n paar jaar aan albei kante. Die hele manuskrip, waarvan die fragment so ’n klein deel is, is derhalwe oorgeskryf baie kort nadat die oorspronklike Evangelieverslag deur Johannes self geskryf is. Die gaping was waarskynlik ’n skrale 30 of 40 jaar. Ons kan ook daarvan seker wees dat Johannes se verslag nie betekenisvol deur latere skrifgeleerdes verander is nie, want die teks van die fragment stem feitlik presies ooreen met dié wat in veel latere manuskripte gevind word.

Voor hierdie ontdekking het kritici aangevoer dat Johannes se Evangelie nie ’n egte geskrif van Jesus se apostel was nie, maar eers later, aan die einde van die tweede eeu, geskryf is. Dit blyk inteendeel nou uit hierdie fragment dat Johannes se Evangelie in die eerste helfte van die tweede eeu G.J. in Egipte bestaan het, nie as ’n rol nie, maar in boekvorm as ’n kodeks. Hoe verstommend dat so ’n skynbaar niksbeduidende papirusfragment die kritici so doeltreffend die swye oplê!

[Venster op bladsy 31]

PAPIRUS

PAPIRUS is ’n plant wat in vlak, staande water of moerasse en langs die oewers van stadig vloeiende riviere, soos die Nyl, groei (Job 8:11). Papiruspapier is dalk reeds in Abraham se tyd as ’n skryfmateriaal gebruik. Later was die vervaardiging daarvan een van die hoofbedrywe van die eertydse Egiptenare. Hulle het ’n taamlik eenvoudige proses gebruik om dit te maak. Stukke van die binneste “murg” is in dun repies gesplits en dan langs mekaar gelê, terwyl ’n ander laag oorkruis daarop vasgelym is. Dit is dan platgedruk en in ’n vel gerol, in die son gedroog en daarna met puimsteen, skulpe of ivoor gepolys. Velle kon aanmekaar geheg word om ’n rol te vorm, waarvan die gemiddelde lengte tussen 4 en 6 meter was, hoewel een met ’n lengte van 41 meter bewaar gebly het. Anders kon die blaaie gevou word om ’n boekvormige kodeks te maak, die soort manuskrip wat so gewild onder die eertydse Christene was.

[Venster op bladsy 31]

PERKAMENT en VELYN

DIE vyfde-eeuse Codex Alexandrinus, wat oorspronklik die hele Bybel bevat het, is op velyn geskryf. Wat is hierdie materiaal, en hoe verskil dit van perkament?

Perkament is al in vroeë tye van skaap-, bok- of kalfsvel gemaak. Dit is berei deur die hare van gewaste velle of te skraap en die velle dan op rame te span om droog te word. (Vergelyk 2 Timotheüs 4:13.) Teen die derde en vierde eeu van ons Gewone Jaartelling is ’n onderskeid getref wat die gehalte van die materiaal betref—die growwer materiaal het steeds as perkament bekendgestaan, maar die fyner materiaal as velyn. Vir velyn is net die delikate velle van ’n kalf of boklam of van doodgebore kalwers of lammers gebruik. Daaruit is ’n dun, gladde, byna wit skryfmateriaal vervaardig wat vir belangrike boeke gebruik is tot met die uitvinding van drukwerk, waarvoor die gebruik van papier goedkoper en beter was.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel