Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w88 10/15 bl. 30-31
  • Die Codex Sinaiticus word gered

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Codex Sinaiticus word gered
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • LONENDE VONDSTE
  • Herwinning van ’n Bybelse skat
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • “Duidelike lig” op die Bybel uit Rusland se oudste biblioteek
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Antieke manuskripte—Hoe word hulle ouderdom vasgestel?
    Ontwaak!—2008
  • Die Vatikaanse Kodeks—Waarom so kosbaar?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
w88 10/15 bl. 30-31

Die Codex Sinaiticus word gered

DIE Codex Sinaiticus is al beskryf as “die belangrikste, opwindendste en waardevolste boek wat bestaan”. Dit is nie net omdat dit ten minste 1 600 jaar oud is nie, maar omdat dit ’n noodsaaklike skakel vorm in ons katalogus van Bybelmanuskripte. Die herontdekking daarvan deur Tischendorf net meer as honderd jaar gelede is ’n fassinerende verhaal.

Konstantin von Tischendorf is in die jaar 1815 in Sakse, Noord-Europa, gebore en is aan die Universiteit van Leipzig in Grieks onderrig. Gedurende sy studies het hoër kritiek op die Bybel deur bekende Duitse teoloë wat probeer bewys het dat die Christelike Griekse Skrifte nie eg is nie hom ontstel. Tischendorf het egter daarvan oortuig geraak dat ’n studie van vroeë manuskripte die egtheid van die Bybelteks sou bewys. Hy het hom gevolglik voorgeneem om self alle bekende manuskripte te ondersoek in die hoop dat hy ander gedurende sy reise sou ontdek.

Nadat hy vier jaar in Europa se beste biblioteke deurgebring het, het Tischendorf in Mei 1884 die St. Catharina-klooster bereik wat 1 400 meter bokant die Rooi See in Sinai geleë is. Toegang tot die monnike se vestingagtige toevlugsoord was deur middel van ’n mandjie aan ’n tou wat deur ’n klein opening in die muur gehang het.

LONENDE VONDSTE

Hy is ’n paar dae lank toegelaat om deur hulle drie biblioteke te soek, sonder welslae. Toe, net toe hy op die punt gestaan het om te vertrek, het hy gesien waarna hy gesoek het—ou perkamente! Hulle het ’n groot mandjie gevul wat in die saal van die hoofbiblioteek gestaan het. Die bibliotekaris het hom meegedeel dat hulle verbrand sou word, net soos twee vol mandjies reeds verbrand is. Tischendorf was verstom om 129 blaaie van die oudste manuskripte wat hy nog ooit gesien het te vind, ’n Griekse vertaling van dele van die Hebreeuse Skrifte. Hy het 43 velle ontvang, maar die res is hom ontsê.

Tischendorf het die klooster weer in 1853 besoek maar het slegs ’n fragment van Genesis uit dieselfde vierde-eeuse manuskrip ontdek. Hy was oortuig daarvan “dat die manuskrip oorspronklik die hele Ou Testament bevat het, maar dat die grootste deel lank reeds vernietig is”. Die hele manuskrip het waarskynlik uit 730 blaaie bestaan. Dit is in Griekse unsiale letters (hoofletters) op velyn, dit wil sê, fyn skaap- en bokvelletjies, geskryf.

Ses jaar later het Tischendorf sy derde besoek by die monnike by Sinai afgelê. Op die aand van sy vertrek is nie net die blaaie wat hy 15 jaar tevore uit die vuur gered het nie, maar ook talle ander terloops vir hom gewys. Hulle het die hele Christelike Griekse Skrifte, asook ’n deel van die Griekse vertaling van die Hebreeuse Skrifte, bevat.

Tischendorf is toegelaat om die manuskrip na Kaïro, Egipte, te neem om dit te kopieer, en uiteindelik na die tsaar van Rusland as ’n geskenk van die monnike te neem. Vandag is dit in die Britse Museum en word dit langs die Codex Alexandrinus uitgestal. Die vroeëre 43 velle is in die Universiteitsbiblioteek van Leipzig, in die Duitse Demokratiese Republiek.

Ons moet baie dankbaar teenoor Tischendorf wees dat hy sy lewe en talente daaraan gewy het om ou Bybelmanuskripte te soek en veral dat hy die groot Codex Sinaiticus van vernietiging gered het. Maar ons hoogste dank gaan aan Jehovah God, wat toegesien het dat sy Woord so akkuraat tot ons voordeel vandag bewaar is.

[Venster op bladsy 30]

Die gebruik van die Kodeks

Die simbool vir die Codex Sinaiticus is die Hebreeuse letter א. Hierdie kodeks bevestig die akkuraatheid van heel onlangse papirusmanuskripte van die Bybel. Dit help hedendaagse Bybelstudente ook om subtiele foute wat in latere afskrifte ingesluip het noukeurig aan te wys.

Johannes 1:18 lui byvoorbeeld: ‘Niemand het God ooit gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar.” Die voetnoot van die “New World Translation Reference Bible” toon dat “die eniggebore god”, pleks van die alternatiewe vertaling van “die eniggebore Seun”, deur die Codex Sinaiticus en ander ou manuskripte gestaaf word. Die voetnootverwysing אc bevat ook die aantekening van ’n nasiener van hierdie kodeks om die gebruik van die bepaalde lidwoord in “die eniggebore god” te staaf. Die posisie van Jesus Christus is uniek, soos hierdie teks bewys.

[Prente op bladsy 31]

St. Catharina-klooster aan die voet van die tradisionele Sinai-berg. [Insetsel] Die biblioteek vandag

[Erkenning]

Prente-argief (Nabye Oosterse geskiedenis)

[Erkenning]

Prente-argief (Nabye Oosterse geskiedenis)

[Foto-erkenning op bladsy 31]

Met vriendelike vergunning van die Britse Museum, Londen

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel