Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w88 8/15 bl. 3-4
  • Die druk om sukses te behaal

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die druk om sukses te behaal
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die druk waarvoor mense te staan kom
  • Waartoe kan dit lei?
  • Vind ware sukses in die lewe
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Sukses—Tot elke prys?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Hoe om ware sukses te behaal
    Ontwaak!—2014
  • Wat is ware sukses?
    Ontwaak!—2014
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
w88 8/15 bl. 3-4

Die druk om sukses te behaal

’N TV-ADVERTENSIE spoor Nigeriërs aan: “Wees suksesvol. Wees belangrik”, deur ’n sekere tandepasta te gebruik. Hoewel ons almal weet dat tandepasta nouliks die sleutel is om ’n mens belangrik te maak, toon die adverteerders dat hulle besef dat mense geïdentifiseer wil wees met dinge wat die stempel van “sukses” dra.

Die begeerte om sukses te behaal en deur ander erken te word, is heel natuurlik. Nogtans lê mans sowel as vroue dikwels soveel klem op menslike prestasies dat hulle hulself onder druk plaas om “by die bure by te hou”. Kan dit gevaarlik wees? Kan jy daardeur geraak word?

Die druk waarvoor mense te staan kom

Persoonlike ambisie om ryk te wees kan druk op ’n mens uitoefen. Talle mense wil “’n opvallende vertoon met [hulle] middele vir lewensonderhoud” kan maak ten einde sosiale aansien en prominensie te geniet.—1 Johannes 2:16, NW.

Die gesin kan druk uitoefen. In talle huise moet die man voortdurend probeer om meer te verdien en sy posisie by die werk te verbeter om die gesin se sosiale status te kan verhoog. Of die vrou strewe dalk daarna om ’n suksesvolle sakevrou te wees. Kinders kan gedryf word om onredelik hoë akademiese prestasies op skool te lewer. Dit is veral ’n probleem in ontwikkelingslande, waar talle meen dat hoër onderwys die sleutel tot beter lewensomstandighede is.

Ook die gemeenskap kan druk op ’n mens uitoefen om geleerdheid, rykdom en posisies van aansien en invloed jou doelwit te maak. Sukses, wat gewoonlik aan geld gemeet word, kan prominensie, roem en respek meebring. ’n Hoofartikel in Nigerië se Daily Times het gesê: “Ongeag hoe deugsaam en indrukwekkend iemand se eienskappe is, die meeste [mense] eerbiedig en erken hom nie as hy nie geld het nie.”

Waartoe kan dit lei?

Sodanige wêreldlike sukses kan wel ’n mate van genot verskaf, maar beskou die hoë prys wat daarvoor betaal moet word. Koerantrubriekskrywer Achike Okafo het geskryf: “Gevestigde gesinne . . . verbrokkel daagliks, hoofsaaklik weens geld of wat geld kan koop. . . . Selfs die huweliksmaats wat nog daarin slaag om bymekaar te bly praat skaars oor hulle ouerlike verpligtinge . . . omdat hulle gans te besig is om die materiële benodigdhede vir welstand na te jaag.” As die probleem van verwaarloosde kinders wat hulle tot dwelms en misdaad wend of van die huis af wegloop hierby gereken word, styg die prys baie hoog.

Die druk om sukses te behaal het sommige ambisieuse mense tot oneerlikheid en onsedelikheid gedryf. Jong vroue het selfs al seksuele gunste vir goeie eksamenuitslae en indiensneming verruil. Selfs as sukses op ’n eervolle manier behaal word, kom welvarende persone dalk te staan voor die wrewel of afguns van diegene wat minder suksesvol is, sowel as die skynheiligheid van “vriende” wat deur rykdom en aansien gelok word (Prediker 5:10). Is dit waarlik sukses?

Die wyse skrywer van Prediker in die Bybel antwoord nee. Nadat hy sy groot rykdom, mag en aansien sowel as die genot wat hierdie dinge verskaf het in oënskou geneem het, het hy tot die slotsom gekom dat dit “tevergeefs en ’n gejaag na wind” was.—Prediker 2:3-11.

Beteken dit dat alles waarna ’n mens strewe tevergeefs is? Of is daar ’n behoorlike balans wat mense kan handhaaf terwyl hulle ’n produktiewe loopbaan bou? Wat toon die ondervinding sal waarskynlik hulle lonendste doelwit wees?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel