Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w88 7/1 bl. 16-17
  • Jesus stuur nog 70 uit om te preek

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jesus stuur nog 70 uit om te preek
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Soortgelyke materiaal
  • Jesus stuur die 70 uit
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Jesus stuur 70 dissipels uit om te preek
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2024
  • ‘Sy uur het nog nie gekom nie’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
w88 7/1 bl. 16-17

Jesus se lewe en bediening

Jesus stuur nog 70 uit om te preek

DIT is die noordelike herfs van 32 G.J., ’n volle drie jaar sedert Jesus se doop. Hy en sy dissipels het onlangs die Huttefees in Jerusalem bygewoon, en blykbaar is hulle nog daar naby. Trouens, Jesus bring die grootste deel van die oorblywende ses maande van sy bediening òf in Judea òf direk oorkant die Jordaanrivier in die Pereadistrik deur. Ook hierdie gebied moet gedek word.

Na die Pasga van 30 G.J. het Jesus weliswaar ongeveer agt maande lank in Judea gepreek. Maar nadat die Jode hom daar op die Pasga van 31 G.J. probeer doodmaak het, het hy die volgende anderhalf jaar feitlik uitsluitlik in Galilea onderrig. Gedurende daardie tyd het hy ’n groot, goed opgeleide organisasie van predikers op die been gebring, iets wat hy nie vroeër gehad het nie. Hy stuur dus nou ’n finale, intensiewe predikingsveldtog in Judea van stapel.

Jesus begin hierdie veldtog deur 70 dissipels te kies en hulle twee-twee uit te stuur. Daar is dus altesame 35 pare Koninkrykspredikers wat in die gebied werk. Hulle gaan vooruit na elke stad en plek wat Jesus, blykbaar vergesel van sy apostels, voornemens is om te besoek.

In plaas van die 70 na sinagoges te stuur, beveel Jesus hulle om in private huise in te gaan en verduidelik: “En in watter huis julle ook al mag ingaan, sê eers: Vrede vir hierdie huis! En as dáár ’n man van vrede is, sal julle vrede op hom rus.” Wat moet hulle boodskap wees? “Sê vir hulle”, sê Jesus, “die koninkryk van God het naby julle gekom.” Matthew Henry’s Commentary sê aangaande die 70 se werksaamhede: “Hulle het, soos hulle Meester, oral waar hulle besoek het van huis tot huis gepreek.”

Jesus se opdragte aan die 70 is soortgelyk aan die wat hy aan die 12 gegee het toe hy hulle ongeveer ’n jaar tevore op ’n predikingsveldtog in Galilea uitgestuur het. Nie alleen waarsku hy die 70, ter voorbereiding om die boodskap aan huisbewoners te verkondig, dat hulle teenkanting gaan kry nie, maar hy gee hulle ook die mag om die siekes gesond te maak. Wanneer Jesus kort daarna daar aankom, sal talle dus gretig wees om die Meester te ontmoet wie se dissipels sulke wonderbaarlike dinge kan doen.

Die prediking deur die 70 en Jesus se opvolgwerk duur ’n betreklike kort tydjie. Die 35 pare Koninkrykspredikers begin kort voor lank na Jesus terugkeer. “Here”, sê hulle met blydskap, “ook die duiwels onderwerp hulle aan ons in u Naam.” So ’n uitstekende diensverslag verskaf Jesus beslis groot vreugde, want hy antwoord: “Ek het die Satan reeds soos ’n weerligstraal uit die hemel sien val. Kyk! Ek het aan julle outoriteit gegee om slange en skerpioene te vertrap” (NW).

Jesus weet dat Satan en sy demone na die oprigting van God se Koninkryk in die tyd van die einde uit die hemel gewerp moet word. Maar nou maak die feit dat nietige mense onsigbare demone uitwerp daardie komende gebeurtenis nog sekerder. Daarom praat Jesus van Satan se toekomstige val uit die hemel as ’n sekerheid. Dit is dus in simboliese sin dat die 70 die mag gegee word om slange en skerpioene te vertrap. Jesus se egter: “Moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is.”

Dit verskaf Jesus groot vreugde, en hy loof sy Vader in die openbaar vir die kragtige manier waarop hy hierdie nederige knegte van hom gebruik. Hy wend hom tot sy dissipels en sê: “Salig is die oë wat sien wat julle sien; want Ek se vir julle, baie profete en konings het gewens om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie.” Lukas 10:1-24; Mattheüs 10:1-42; Openbaring 12:7-12.

◆ Waar het Jesus tydens die eerste drie jaar van sy bediening gepreek, en watter gebied dek hy gedurende sy laaste ses maande?

◆ Waarheen stuur Jesus die 70 om mense te vind?

◆ Waarom het Jesus gesê dat hy Satan reeds uit die hemel sien val het?

◆ In watter sin het die 70 slange en skerpioene vertrap?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel