Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w88 5/15 bl. 31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Soortgelyke materiaal
  • Gaan alle goeie mense hemel toe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Antwoorde op Bybelvrae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Gaan alle getroue Christene hemel toe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Watter soort plek is die hemel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
w88 5/15 bl. 31

Vrae van lesers

◼ Wat het Jesus gedoen om vir sy volgelinge in die hemel ‘plek te berei’?

Kort voor Jesus die Heer se Aandmaal ingestel het, het hy vir sy getroue apostels gesê dat hy moes weggaan. Hy het natuurlik bedoel dat hy, nadat by later daardie dag gesterf het, hemel toe moes gaan. Petrus het gereageer deur Jesus toestemming te vra om hom te volg. Jesus het vervolgens gesê: “Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.”—Johannes 14:1-3.

Watter “wonings” moes vir die apostels voorberei word? Sommige Bybelvertalers het Johannes 14:2 op so ’n manier vertaal dat dit lyk asof Jesus gesê het dat die apostels op pad hemel toe “rusplekke” nodig sou hê, of dat hulle verskeie vertrekke in die hemel sou vind. Maar W. E. Vine sê oor die Griekse woord wat hier gebruik word: “Daar is niks in die woord wat afsonderlike afdelings in die Hemel aandui nie; dit dui ook nie tydelike rusplekke op pad daarheen aan nie.” Die woord beteken eenvoudig ’n woonplek. Jesus het dus woonplekke belowe in die geestelike hemele waar hy met sy Vader sou wees.—Efesiërs 1:20; 1 Petrus 1:4; 3:21, 22.

Maar hoe sou Jesus sulke wonings vir sy lojale volgelinge voorberei? Nadat Jesus ’n offerdood gesterf het, het hy hemel toe gegaan om die waarde van sy lewensbloed voor God aan te bied. Diegene wat geroep sou word om mede-erfgename van hemelse lewe te wees, sou eerste hierby baat vind. Die apostel Paulus het geskryf: “Christus het nie ingegaan in ’n heiligdom met hande gemaak, ’n teëbeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn” (Hebreërs 9:12, 24-28; Romeine 6:5; 8:17). Toe Jesus dus vir die apostels gesê het dat hy ‘vir hulle plek gaan berei’, sou hy sekerlik sy ‘verskyning voor die aangesig van God vir’ hulle in gedagte gehad het. Slegs nadat hy dit gedoen het, kon hulle of ander mense hom hemel toe volg.—Filippense 3:20, 21.

Moes Jesus ander dinge doen om ’n plek vir hulle te berei? Hy sou later koninklike mag aanvaar, teen Satan oorlog voer en hom en sy demone uit die hemele werp (Openbaring 12:7-9). Dit sou plaasvind voor die begin van die hemelse opstanding van die apostels en ander gesalfdes wat ontslaap het (1 Thessalonicense 4:14-17). Ons kan nie sê of Jesus se kommentaar oor ‘die voorbereiding van ’n plek vir’ sy volgelinge sou insluit dat hy Satan uit die hemele werp nie.

Buitendien weet ons nie of Jesus ander toewysings gehad het wat verband gehou het met die voorbereiding van ’n plek vir gesalfde Christene in die hemel nie. Maar ons kan ten minste daarvan seker wees dat Jesus wel die weg vir sy gesalfde volgelinge voorberei het deur die waarde van sy “kosbare bloed” vir God aan te bied (1 Petrus 1:19). Die nuwe verbond tussen Jehovah God en geesgesalfde Christene is op grond van daardie bloed bekragtig.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel