‘Soos brood en water vir die hart’
’n Protestantse predikant van Malaga, Spanje, het gesê dat Die Wagtoring en Ontwaak! vir hom so is. Hy het verduidelik:
“Ek is etlike jare al ’n Protestantse pastor, en ek kan julle daarvan verseker dat ek in al my teologiese studies nie die eenvoud en duidelikheid gevind het wat julle publikasies het nie. Jehovah se Getuies is vir my bewonderenswaardige mense; in ’n skynheilige wêreld leef hulle volgens wat hulle glo. . . .
“Op die oomblik kan ek weens persoonlike probleme nie met julle studeer soos ek graag wil nie, maar danksy God ontvang ek wel julle tydskrifte, en hulle is ‘brood’ en ‘water’ vir my hart, wat honger en dors na die lewende God.”
Jy kan ook Die Wagtoring en sy medetydskrif Ontwaak! deur die pos by jou huis ontvang deur die bygaande koepon in te vul en te pos.
Stuur asseblief ’n jaarintekening op Die Wagtoring en Ontwaak! Ek sluit R18 in.