Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w88 4/1 bl. 3-4
  • Waarom is daar soveel wegloopkinders?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waarom is daar soveel wegloopkinders?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe gesinsbande versterk kan word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Weggooikinders en wegloopkinders
    Ontwaak!—1995
  • Vermiste kinders—Hoe wydverspreid is die tragedie?
    Ontwaak!—1995
  • Kinders verdien om welkom en geliefd te wees
    Ontwaak!—2000
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
w88 4/1 bl. 3-4

Waarom is daar soveel wegloopkinders?

Die Bybel en die gesinslewe—Hierdie onderwerp sal in vier opeenvolgende nommers van Die Wagtoring bespreek word

“Kan enigiemand begryp hoeveel ’n moeder ly wanneer haar dogter wegloop? Dit is ’n nagmerrie. Waarom het sy weggegaan? Ek kan dit nie verstaan nie. Sy was so ’n liewe en gelukkige dogter en baie jonk.

“Waar is sy vannag? Is sy warm? Is sy honger? Is sy eensaam? Ek het haar so lief. Daar is niemand met wie ek kan praat nie. Ek kan niks anders doen as om te wag nie.

“My hart bons elke keer wat die telefoon lui. Maar sy bel nie, en daar is geen nuus nie. Ek het om haar veiligheid gebid, en om krag om staande te bly. Ek bly my verbeel dat sy elke oomblik by die deur gaan inloop.

“ . . . Ek dink aan soveel onsinnighede terwyl ek die pyn probeer stil. O, liewe God, bring my dogtertjie huis toe.”

DIE voorgaande brief is in die vroeë sewentigerjare aan ’n bekende adviesrubriekskrywer gestuur. Destyds het mense gedink dat kinders om onbenullige redes wegloop: avontuurlus, ’n onafhanklikheidstoets, ’n meningsverskil oor hoe laat hulle tuis moet wees of neerslagtigheid weens ’n gebroke romanse. Hoewel sommige die huis nog om dieselfde redes verlaat, het dinge in die afgelope 15 jaar verander.

Die jongmense van vandag verlaat dikwels die huis weens baie tragieser omstandighede—uiters haglike gesinsomstandighede waarin hulle verstote en onbemind voel; hulle word dalk selfs mishandel. En in plaas van na iets te gaan—’n aanlokliker en aangenamer lewenstyl—hardloop hulle van iets af weg, ’n verbrokkelende en ongelukkige gesinslewe. “Weglopers is nou baie anders as toe daar”, in die vroeë sewentigerjare, “soveel oor hulle geskryf is”, sê dr. Douglas Huenergardt, ’n toesighouer oor ’n tehuis vir weglopers in Florida. “Destyds het ons kinders gehad wat alternatiewe lewenstyle gesoek het. Dit is nie vandag die geval nie. Die kind wat wegloop, is iemand wat dit eenvoudig nie meer in die huis kan uithou nie.”

Onlangse studies bevestig dit. Maar hulle openbaar ook ’n ander ontstellende feit. Kinders loop nie net weg omdat hulle van ’n ondraaglike gesinslewe wil wegkom nie, maar vandag verlaat byna die helfte van die weglopers in die Verenigde State die huis teen hulle sin—hulle eie ouers het hulle verstoot of hulle aangemoedig om die huis te verlaat! “Vir talle adolessente is weglopery ’n reaksie op ’n ongesonde situasie in die gesin, by die werk of by die skool”, sê die tydskrif Family Relations. “Feit is dat talle weglopers verstoot, verwerp of uitgejaag is. Hierdie jeugdiges is aangesê om weg te gaan, of hulle ouers het hulle verlaat. Sommige word ernstig en herhaaldelik mishandel en sien geen ander uitweg as om die huis te verlaat nie.”

Hoe tragies tog! Wat ’n ellende vir die kinders! Want as die jeugdiges eers op straat is, met min geld en sonder enige bestaansmiddel, wend hulle hul dikwels tot bedelary, dwelmsmousery, prostitusie en diefstal of word hulle die slagoffers van ander. “Dit is nie maatskaplike werkers en sielkundiges wat wegloopkinders by bushaltes verwelkom nie, maar koppelaars, dwelmsmouse en pornograwe”, sê die tydskrif Psychology Today. “Ses-en-tagtig persent van die deskundiges wat genader is, het gesê dat min of niks gedoen word om te verhoed dat weglopers die slagoffers van hierdie uitbuiters word nie. Dit is dus geen wonder dat weglopers se gesondheid slegter word hoe langer hulle op straat is nie.”

Al hoe meer tehuise word weliswaar opgerig om hawelose kinders van onderdak, voedsel en voorligting te voorsien. Maar om die weglopers daar te kry en hulle werklik te kan help, is ’n heeltemal ander saak. “Ons taak is om ’n mate van selfrespek by hulle in te boesem en hulle vir hulself te laat omgee”, sê een raadgewer. “En dit is die moeilikste taak wat ek nog ooit gehad het.” Teen die tyd dat jeugdiges daar aankom, is hulle dikwels lugtig vir en wantrouig teenoor volwassenes, gegrief, kwaad of wanhopig en toon hulle dalk selfs selfmoordneigings.

Is daar ’n oplossing wat die probleme in die kiem kan smoor? “Verreweg die meeste wegloopgevalle is aan die een of ander gesinskwessie toe te skryf”, sê Search, ’n New Jersey-register van die vermistes. “Iemand wat gelukkig is, sal nie wegloop nie.” Wat sal dan tot die geluk in die gesin bydra? Kan die bande tussen ouer en kind versterk word?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel