Die herdenking van Jesus se dood
Tydens ’n eenvoudige seremonie het Jesus Christus wyn en ongesuurde brood gebruik as simbool van die menselewe wat hy vir die mensdom sou offer. Toe hy hierdie seremonie ingestel het, het hy gesê: “Doen dit tot my gedagtenis.”—Lukas 22:19.
Verlede jaar het 8 965 221 persone aan Jesus gedink deur die herdenking van sy dood by te woon by spesiale vergaderinge wat deur Jehovah se Getuies gereël is. Jy word hartlik uitgenooi om die Gedenkmaal vanjaar by die naaste Koninkryksaal by te woon. Dit sal op Vrydag, 1 April, na sononder gehou word. Vind plaaslik by Jehovah se Getuies uit hoe laat dit gaan wees.