Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w88 3/15 bl. 21
  • Voorwaarts, Getuies!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Voorwaarts, Getuies!
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat ’n vreugde om aan Jehovah se tafel te sit!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Met Jehovah se hulp het ons getrou gebly onder totalitêre regimes
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Nuwe liedere vir aanbidding!
    Ons Koninkryksbediening—2014
  • Ek behou my geloof saam met my man
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
w88 3/15 bl. 21

Voorwaarts, Getuies!

“Trou en onwrikbaar in hierdie laaste dag/Verdedig Gods knegte sy boodskap met hul mag./Wyl Satan Gods volk wil laat twyfel,/Laat krag van hul God hul nooit weifel.”

Dit is die openingsreëls van lied 29 in die liedereboek van Jehovah se Getuies, Sing lofliedere voor Jehovah. Jou waardering vir hierdie lied kan verinnig as jy verneem dat hierdie melodie in ’n konsentrasiekamp in Nazi-Duitsland gekomponeer is. Onlangs het ongeveer 500 werkers van die Duitse Bethelgesin in Selters geluister na ’n gesprek op ’n bandopname met die lied se komponis, Erich Frost, wat die volgende berig het:

” ‘Voorwaarts, Getuies!’—dit was selfs destyds ons hartsbegeerte, hoewel ons dwangarbeid in ’n konsentrasiekamp gedoen het. ’n Komponis is altyd besig om verskillende melodieë in sy gedagtes te neurie, en die lied se musiek was dus lank in my kop. Die werkgroep waartoe ek behoort het, wat uit 40 Getuies bestaan het, moes elke dag ’n halfuur lank na ’n rioolstortplek buite die kamp loop. Op pad daarheen het die gedagte een oggend by my opgekom: ‘Dis tyd om die melodie van woorde te voorsien sodat dit gesing kan word’, en die eerste vers het spoedig in my gedagtes begin vorm aanneem.

“My werk was om ’n hoop grond oor ’n afstand van sowat 30 meter met ’n kruiwa te stoot. Dit was streng verbode om in werkstyd te praat. Maar ek het die regte oomblik gekies en ’n broer wat naby my gewerk het stilletjies gevra of hy ’n goeie geheue het. Hy het ja gesê en ek het die eerste vers dus aan hom toevertrou. ’n Uur later het ek ’n ander broer, later ’n derde en toe ’n vierde gevra. Elkeen is gevra om een vers uit die kop te leer.

“Die vier het daardie aand in die kamp die verse een na die ander vir my opgesê. Sodoende kon ek die woorde by die note voeg. Die SS sou nie ver gekom het as net die note in hulle hande beland het nie. Maar toe het die situasie uiters gevaarlik geword. As hulle my met die woorde gevang het, sou hulle my opgehang het. Hoe kon ek die lied wegsteek?

“’n Bejaarde broer moes na ’n stal buite die kamp omsien waar ’n paar van die SS hulle konyne aangehou het. In hierdie stal het hy ’n plek gevind om ware geestelike juwele weg te steek—volledige nommers van Die Wagtoring en een of twee van die Genootskap se boeke. Hierdie broer het sy lewe in gevaar gestel deur sulke items by die kamp in te smokkel en ons sodoende van studiemateriaal te voorsien. Hy het my lied hier weggesteek. Eendag het hy gesê: ‘Erich, jou lied is op pad. Ek het iemand gevind wat dit na Switserland gestuur het.’ Ek het ’n sug van verligting geslaak.

“Die Switserse broers het dit na Brooklyn gestuur, waar die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies dit in die hande gekry het. My lomp woorde is in drie wonderlike verse verander. Ek was oorstelp van vreugde toe ek later hierdie lied in die nuwe liedereboek van Jehovah se Getuies gevind het.a Nou as lied 29, spoor dit alle Getuies vandag steeds aan om onwrikbaar vir Jehovah en die waarheid te staan!”

[Voetnoot]

a Dit is die eerste keer in die Verenigde State gesing deur ’n koor van studente van die Wagtoring-Bybelskool Gilead se 11de klas as ’n hoogtepunt van hulle gradueringsprogram op 1 Augustus 1948.

[Venster op bladsy 21]

Erich Frost het sy aardse loopbaan op 30 Oktober 1987 op 86-jarige ouderdom afgesluit. Hy is op 22 Desember 1900 gebore en op 4 Maart 1923 gedoop en het in 1928 die voltydse bediening betree. In 1936 is hy aangestel oor die ondergrondse werk van die vervolgde getuies van Jehovah in Duitsland, en hy het agt maande lank goed na daardie toewysing omgesien totdat hy as gevangene na ’n konsentrasiekamp gestuur is. Na die oorlog het hy van 1945 tot 1955 as die opsiener van die Wagtoringgenootskap se takkantoor in Duitsland gedien. (Kyk Die Wagtoring van 1 Augustus 1961, bladsy 352-357.) Daarna het hy aangehou om Jehovah getrou te dien. God vergeet nie die werk van sulke gesalfde Christene of die liefde wat hulle vir sy naam toon nie.—Hebreërs 6:10.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel