Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w88 3/15 bl. 3
  • Is gebed die moeite werd?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is gebed die moeite werd?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Soortgelyke materiaal
  • Hef lojale hande op in gebed
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Hoe om tot Jehovah te bid om verhoor te word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Waarom moet ons onophoudelik bid?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Waardeer jou voorreg van gebed
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
w88 3/15 bl. 3

Is gebed die moeite werd?

OP VRYDAG, 31 Mei 1985, het verskeie opeenvolgende tornado’s die suidelike deel van Ontario, Kanada, geteister. ’n Geestelike wat in die dorpie Grand Valley woon, het hulpeloos toegekyk terwyl die tierende wind sy woonstel se dak afgeruk het. Volgens ’n persberig het hy “wonderwerke en tragedies sy aan sy sien gebeur terwyl hy die onbedaarlike woede van die natuur aanskou het”.

Die geliefdes en vriende van die twee mense wat deur die tornado’s gedood is, het dit gewis as ’n verskriklike tragedie beskou. Die meer as duisend mense wat deur die verwoestende werwelstorms dakloos gelaat is, het ook. Daarenteen beskryf talle van dié wat ternouernood die dood of ernstige beserings ontkom het hulle behoud as “’n wonderwerk”. Ron en sy werkmaat is twee van hulle. Nadat hulle gewaarsku is, het hulle binne vier sekondes, net betyds, die veiligheid van die sterkste deel van hulle kantoorgebou bereik. Nadat Ron hulle verbasende ontkoming aan die dood beskryf het, het hy gesê: “Ja, ek het voorheen in God geglo, en ek glo nou eers in hom.”

Daar is al gesê dat daar ‘min of geen ateïste’ is wanneer onheil skielik en onverhoeds toeslaan nie. En as daar tydens sulke voorvalle genoeg tyd is, word talle vurige gebede om beskerming en behoud opgestuur.

Op Sondag, 21 Julie 1985, het meer as honderd mans, vroue en kinders in hulle Koninkryksaal in Sydney, Australia, vir aanbidding vergader. Na ’n lied tot lof van God is ’n gebed namens die gemeente gedoen. ’n Bedienaar was daardie Sondagoggend reeds 15 minute besig met sy Bybeltoespraak toe ’n bomontploffing plotseling die vrede versplinter het. Hy is ernstig beseer, ’n man wat voor in die saal gesit hat, is gedood en meer as 40 mense moes in die hospitaal opgeneem word.

[Venster/Prent op bladsy 3]

Maak gebed enige verskil?

Beide die gebeure wat pas vermeld is—waarvan die een as “die onbedaarlike woede van die natuur” en die ander as ’n misdaad beskryf is—laat vrae oor die waarde van gebed ontstaan. Watter nut het dit om te bid? Help gebed werklik? Is dit die moeite werd om te bid?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel