Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w88 3/1 bl. 32
  • “Ek’s nie meer ’n ateïs nie!”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Ek’s nie meer ’n ateïs nie!”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
w88 3/1 bl. 32

“Ek’s nie meer ’n ateïs nie!”

“Ek het ’n vrou van Pole ontmoet wat ’n professor is”, berig ’n sendeling in Senegal, Afrika. “Ons het ’n lang bespreking gehad, en ek het probeer om haar talle vrae te beantwoord.” Die professor het ’n publikasie wat vir Bybelstudie bedoel is, geweier en verduidelik: “Ek is ’n ateïs. Ek stel glad nie in daardie boek belang nie.” Maar sy het wel die boek Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? aanvaar.

“Toe ek die daaropvolgende week terugkeer”, vertel die sendeling, “het sy my opgewonde vertel dat sy die boek van voor tot agter deurgelees het. Toe ek voorstel dat ek die Skepping-boek saam met haar ondersoek, het sy geantwoord: ‘Maar ek hoef nie nou daardie boek te bestudeer nie! Ek het dit deurgelees, en dit het my heeltemal van gedagte laat verander—ek’s nie meer ’n ateïs nie! Nou wil ek hê dat jy daardie rooi boek wat jy my eerste gewys het, saam met die Bybel, met my moet bestudeer!”’

Ken jy iemand wat ’n ateïs is of miskien die waaragtigheid van die Bybel bevraagteken? Stuur gerus ’n geskenkeksemplaar van Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? aan daardie persoon. Jy kan dit doen deur eenvoudig die koepon hieronder in te vul en te pos en slegs R5 by die koepon in te sluit.

Stuur asseblief posvry ’n geskenkeksemplaar van die boek met 256 bladsye Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping?, asook ’n brief wat verduidelik dat dit ’n geskenk is van ‐‐‐‐‐‐‐‐‐‐‐‐‐‐‐ (jou naam). Ek sluit R5 in.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel