Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w87 6/15 bl. 22-23
  • Panama is verheug oor die bouwerk aldaar

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Panama is verheug oor die bouwerk aldaar
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Onderhofies
  • Die uitdaging om te bou
  • Nie ’n toring van Babel nie
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
w87 6/15 bl. 22-23

Panama is verheug oor die bouwerk aldaar

Bouprojekte is nie iets nuuts in Panama nie. Aan die begin van hierdie eeu is daar begin met die bou van die groot kanaal wat deur die middel van hierdie smal ismus loop en die Atlantiese en die Stille oseaan verbind. Hierdie ontsaglike bouprojek het die kleine Panama die naam “die kruispad van die wêreld” besorg.

Op 18 Januarie 1986 het ’n ander soort bouwerk voltooiing bereik. Op daardie dag het Jehovah se Getuies ’n toewydingsprogram vir hulle pasgeboude takkantoor gehou. Hoewel slegs 211 die toewydingsprogram persoonlik kon bywoon, het duisende deur middel van telefoonverbinding daarna geluister. Die nuwe gebou huisves die hoofkwartierpersoneel, sendelinge en ’n drukkery.

Die bou van hierdie fasiliteite is egter net ’n deel van ’n geestelike bouprogram wat sedert die einde van die 19de eeu in Panama aan die gang is. Saadjies van Koninkrykswaarheid is toe al hier gesaai. Teen 1957 was daar duisend of wat verkondigers van die “goeie nuus” in Panama (Mattheüs 24:14, vgl, NW). Die klein takkantoor en sendinghuis wat in daardie jaar gebou is, was voldoende. Maar in 20 jaar het die getal Getuies verdriedubbel! In September 1982 het die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies derhalwe die bou van ’n nuwe takkantoor goedgekeur.

Die ligging? Sowat 19 kilometer buite die stad Panama op ’n pragtige plek met ’n uitsig op ’n meer.

Die uitdaging om te bou

Maar wie sou die gebou ontwerp? Hoe en deur wie sou dit gebou word? Met die woorde van Psalm 127:1 in gedagte het die broers voortgegaan, met die wete dat Jehovah hulle sal help om hierdie skynbaar onoorkoomlike hindernisse te bowe te kom.

’n Tekening van voorlopige planne is gemaak om te toon hoeveel ruimte vir ’n kantoor, ’n biblioteek, lektuurberging, ’n klein drukkery en woongedeelte vir die personeel nodig was. ’n Ruim Koninkryksaal is ingesluit. Die argitekspersoneel by die Wagtoringgenootskap se hoofkwartier in Brooklyn, New York, het toe ’n gebou ontwerp wat aan hierdie vereistes sou voldoen.

Toe was daar die uitdaging om die bouwerk te doen. Honderde plaaslike Getuies het aangebied om vrywillig te help. Broers in die Verenigde State het ook hulle vaardighede en dienste aangebied. In net ses weke het altesaam 230 helpers aangekom, met inbegrip van party uit ander Sentraal-Amerikaanse lande.

Die plaaslike broers het graag hulle huise oopgestel. Een gesin het selfs tydelik in ’n tent ingetrek ten einde 11 vrywilligers te huisves. Party wat skoolbussies gehad het, het hierdie werkers van vervoer voorsien. En ander het gehelp om die 30 000 gratis maaltye te voorsien wat op die bouperseel bedien is. Verfrissende drankies wat van pynappels, lemoene, papajas en mango’s sowel as klappermelk gemaak is, is dikwels bedien om die dors te les van dié wat onder die tropiese son gewerk het.

Nie ’n toring van Babel nie

Die werk het vinnig gevorder. Binne twee weke was al die mure dakhoog, party van die staalbalke in en die vloer van die Koninkryksaal op die tweede verdieping gegiet. Die loodgieters- en die elektriese werk is terselfdertyd as die blokkiesvloer, pleisterwerk en installering van vensters en deure gedoen. In minder as ’n maand is die dak opgesit, en dit was net betyds om skuiling teen ’n stortreën te voorsien—iets wat buitengewoon vir hierdie tyd van die jaar is.

Daar was enkele probleme. Daar was soms tot 800 vrywilligers, en baie organisering was nodig om almal besig te hou. Daarbenewens het die meeste besoekende broers nie Spaans verstaan nie. In plaas daarvan dat dit die bouwerk stopgesit het, soos by die berugte toring van Babel, het die broers die vrugte van die gees aan die dag gelê—en die hulp van ’n paar tolke ingeroep.—Galasiërs 5:22.

Geestelike sake is dwarsdeur die projek benadruk. Gereelde gemeentevergaderinge is op die bouperseel gehou, en tyd is ingeruim om aan die veldbediening deel te neem. Daar was ook tyd om te ontspan, na besienswaardighede te gaan kyk en gesellighede by te woon. Maar die broers was hoofsaaklik daar om te werk, en die geboue is weldra voltooi!

In sy toewydingstoespraak het John Booth van die Bestuursliggaam die situasie baie mooi opgesom: “Waartoe gaan al ons bouwerk lei? Ons bou immers vir die ewige toekoms. Dit wil nie sê dat die gebou vir ewig sal hou nie, maar die gevolg van hierdie bouwerk en die werk van die broers dwarsdeur die land en dwarsdeur die wêreld sal mense wees wat vir ewig lewe.” Geen wonder dat die Getuies in Panama hulle verheug oor hulle immer toenemende bouwerk nie!

[Kaarte op bladsy 22]

(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)

Panama

Panama

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel