Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w87 6/1 bl. 32
  • Hoe om jou gevoelens te verwerk

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe om jou gevoelens te verwerk
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
w87 6/1 bl. 32

Hoe om jou gevoelens te verwerk

Dit is ’n groot uitdaging om jou gevoelens suksesvol te verwerk. ’n Meisie vertel van haar ondervinding: “Ek het gelukkig gevoel, maar die volgende oomblik was ek in die diepte van depressie. Partymaal het ek nie eers geweet hoe ek voel nie. Dit was asof ek hopeloos verdwaal was in die duisternis. Ek kon my emosies teenoor niemand, nie eens teenoor myself, uitdruk nie. Ek het gevoel dat ek geen aandag van die mense rondom my kry nie, veral nie my skoolmaats nie, omdat ek nie aantreklik genoeg was nie. AI hierdie gevoelens het my naderhand innerlik verteer, en ek het myself en my persoonlikheid begin haat.”

Die meisie het ’n eksemplaar van die boek Jou jeug—Hoe om dit ten beste te benut gekry. “Dit was baie interessant”, skryf sy, “en ek wou die hoofstuk ‘Wanneer ’n meisie ’n vrou word’ lees. Ek kon nie glo wat ek lees nie, want die hoofstuk het beskryf presies hoe ek in die laaste tyd gevoel het, en dit het die oplossing gegee. Dit het my regtig opgebeur om te lees dat dit nie so buitengewoon is om so te voel nie. Ek moet net weet hoe om dit reg te hanteer.”

Buiten dat dit jongmense help om hulle gevoelens te verwerk, bespreek hierdie boek sake soos selfbevlekking en verstrek dit antwoorde op die vrae: Moet jongmense sterk drank drink? en Kan hulle geslagsomgang hê voor die huwelik? Ontvang ’n eksemplaar vir slegs R1,80 deur die koepon in te vul en te pos.

Stuur asseblief die hardeband boek met 192 bladsye Jou jeug—Hoe om dit ten beste te benut posvry aan my. Ek sluit R1,80 in.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel