Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w87 6/1 bl. 30
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Soortgelyke materiaal
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Die huwelik—’n gawe van ’n liefdevolle God
    ‘Hou julle in God se liefde’
  • Die huwelik – ’n Gawe van God
    Hoe om in God se liefde te bly
  • Goddelike leiding om ’n huweliksmaat te kies
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
w87 6/1 bl. 30

Vrae van lesers

◼ Is dit verstandig vir ’n Christen wie se huweliksmaat gesterf het om ongetroud te bly in die hoop dat hulle in die toekoms herenig sal word?

Hoe mooi is dit tog dat ’n Christen sy of haar huweliksmaat liefhet selfs nadat daardie persoon gesterf het! Sommige wat hulle in hierdie situasie bevind, het nie weer getrou nie, nie omdat huIle tevrede is met die ongehude staat nie, maar in die hoop dat hulle die huwelik na die opstanding sal kan voortsit. Hoewel ons nie ongevoelig is vir die mensegevoelens agter daardie verwagting nie, spoor ons sulke persone aan om ’n paar Bybelse gedagtes te oorweeg.

Die apostel Paulus se woorde hou byvoorbeeld verband met die saak: “’n Vrou is deur die wet gebonde so Iank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry om te trou met wie sy wil, maar net in die Here. Sy is egter gelukkiger as sy so bly” (1 Korinthiërs 7:39, 40). Dit toon dat die huweliksband eindig wanneer ’n mens se huweliksmaat sterf. God het Christene ’n guns bewys deur hierdie mededeling, want op grond daarvan kan weduwees en wewenaars hul emosionele en ander behoeftes oorweeg wanneer hulle besluit of hulle weer moet trou; hulle is nie aan die oorledene gebonde nie.—1 Korinthiërs 7:8, 9.

Maar sê die Bybel dat die verresenes sal kan trou of ’n vorige huwelik wat deur die dood beëindig is, sal kan voortsit? Een verslag hou blykbaar verband met hierdie vraag. Dit was toe Sadduseërs, wat nie eers in die opstanding geglo het nie, probeer het om Jesus te verstrik. Hulle het hierdie probleem in verband met swaershuwelik aan hom voorgelê: “Nou was daar sewe broers, en die eerste het ’n vrou geneem en kinderloos gesterwe. En die tweede het die vrou geneem, en hy het ook kinderloos gesterwe. En die derde het haar geneem; en net so al sewe.a En hulle het geen kinders nagelaat nie en het gesterwe. En ten laaste het die vrou ook gesterwe. In die opstanding dan, wie van hulle se vrou sal sy wees?”—Lukas 20:27-33; Mattheüs 22:23-28.

Christene staan nie onder die Wet nie, maar ’n soortgelyke probleem kan in hulle geval ontstaan. Byvoorbeeld: Broer en suster C—— het getrou en twee kinders gehad. Toe het hy gesterf. Suster C—— het hom liefgehad en hom baie gemis, maar sy het ’n behoefte aan kameraadskap, geldelike ondersteuning, seksuele uiting en hulp met die kinders gehad. Sy het dus met broer M—— getrou, en hierdie huwelik was net so Skriftuurlik soos die eerste. Later het hy siek geword en gesterf. Gestel haar gewese huweliksmaats word opgewek en ’n huwelik is moontlik. Met wie kan sy trou?

Beskou Jesus se antwoord aan die Sadduseërs: “Die kinders van hierdie [stelsel] trou en word in die huwelik uitgegee; maar die wat waardig geag word om daardie [stelsel] en die opstanding uit die dode te verkry, trou nie en word nie in die huwelik uitgegee nie. Want hulle kan ook nie meer sterwe nie, want hulle is soos die engele en is kinders van God, omdat hulle kinders van die opstanding is. En dat die dode opgewek word, het Moses . . . aangedui, waar hy die Here noem die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob. Hy is tog nie ’n God van dooies nie, maar van lewendes, want almal leef vir Hom.”—Lukas 20:34-38, vgl. NW; Mattheüs 22:29-32.

Sommige meen dat Jesus hier van die hemelse opstanding gepraat het, maar daar is rede om te glo dat sy antwoord betrekking het op die aardse opstanding in die komende stelsel. Watter redes lê hierdie beskouing ten grondslag? Diegene wat die vraag aan Jesus gestel het, het nie in hom geglo of van ’n hemelse opstanding geweet nie. Hulle vraag was oor ’n Joodse familie wat onder die Wet gestaan het. In antwoord daarop het Jesus gepraat van Abraham, Isak en Jakob, manne wat die hoop gekoester het om weer op die aarde te lewe. (Genesis 42:38; Job 14:13-15; vergelyk Hebreërs 11:19.) Daardie aartsvaders, en miljoene ander, wat op die aarde opgewek word en getrou bly, sal “soos die engele” wees. Hoewel hulle sterflik sal wees, sal hulle, sodra God hulle vir die ewige lewe regverdig verklaar het, nie sterf nie.

Menslike emosies maak dit vandag dalk moeilik om hierdie gevolgtrekking te aanvaar. Maar ’n mens moet daarop let dat die Bybel nêrens sê dat die huwelikstatus van die getroues wat deur God opgewek word, herstel sal word nie. Daarom glo niemand dat Aquila en Priscilla, as hulle lewe in die hemel verkry het, hulle huwelik voortgesit het nie (Handelinge 18:2). En Josef en Maria sal klaarblyklik in verskillende ryke woon—hy op die aarde en sy in die hemel (Johannes 19:26; Handelinge 1:13, 14). Aangesien nie een van ons in die hemel gewoon het nie, weet ons nie watter gevoelens Aquila, Priscilla en Maria moontlik daar ondervind nie, maar ons kan daarvan seker wees dat hulle volle bevrediging in hulle hemelse diens smaak.

Ons het eweneens nog nooit as volmaakte mense gelewe nie. Derhalwe weet ons nie vir seker hoe ons oor vorige verhoudings sal voel as en wanneer ons volmaakte menselewe in ’n paradys verkry nie. Ons kan gerus onthou dat Jesus ’n volmaakte mens was en dat hy derhalwe beter as ons kon oordeel wat die gevoelens sou wees van diegene wat “waardig geag word om daardie [stelsel] . . . te verkry”. Ons kan ook seker wees dat Jesus “met ons swakhede medelye kan hê” (Hebreërs 4:15). As dit vir ’n Christen moeilik is om die gevolgtrekking te aanvaar dat die verresenes nie sal trou nie, kan hy seker wees dat God en Christus simpatiek is. En hy kan eenvoudig wag en kyk wat gebeur.

Daar is geen rede om hierdie saak nou onnodig te beklemtoon nie. Die psalmis het geskryf: “Erken dat die HERE God is: Hy het ons gemaak, en ons is syne, sy volk en die skape van sy weide . . . loof Hom, prys sy Naam. Want die HERE is goed” (Psalm 100:3-5). Ons goeie God sal beslis ryklik in ons ware behoeftes voorsien as ons “waardig geag word om daardie [stelsel] . . . te verkry”.—Job 34:10-12; Psalm 104:28; 107:9.

God het ook sy goedheid getoon deur ons in te lig dat die dood van ’n huweliksmaat die huwelik beëindig (Romeine 7:2). Enigiemand wat ’n huweliksmaat verloor het, kan dus weet dat hy of sy nou weer kan trou as dit nodig of die beste is. Sommige het weer getrou en sodoende in hulle en hul gesin se huidige behoeftes voorsien (1 Korinthiërs 7:36-38; Efesiërs 6:1-4). ’n Christen wie se huweliksmaat gesterf het, moet gevolglik nie verplig voel om nou ongetroud te bly op grond van die hoop dat gewese huweliksmaats in die komende stelsel herenig sal word in die opstanding tot lewe hier op aarde nie.

[Voetnoot]

a As ’n Israeliet gesterwe het voordat sy vrou ’n seun gebaar het wat die erfenis kon ontvang, moes die man se broer met die weduwee trou om ’n seun deur haar voort te bring.—Deuteronomium 25:5-10.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel