‘Gehelp om Iemand te verstaan wat ek nooit gedink het ek sou kon verstaan nie’
In die volgende brief aan die Wagtoringgenootskap beskryf ’n vrou waar sy sulke hulp gekry het.
“Menere,
“Ek wil julle graag laat weet hoeveel julle boeke my help om Iemand te verstaan wat ek nooit gedink het ek sou kon verstaan nie. Danksy die hulp wat julle my gegee het deur middel van julle boeke is die Bybel nou die boeiendste boek wat ek nog gelees het.
“Stuur asseblief vir my ’n lys van al die boeke wat julle uitgee.
“Ek sluit [R4,50] in vir twee eksemplare van Redenering uit die Skrif . . . Ek moet hierdie oulike ‘klein hulp’ met iemand deel.”
Ons wil ook graag hierdie Bybelhandboek met 448 bladsye, Redenering uit die Skrif, aan jou beskikbaar stel. Dit kos slegs R2,25.
Stuur asseblief die gebonde Bybelhandboek Redenering uit die Skrif posvry aan my. Ek sluit R2,25 in.