‘Eerlik met sy godsdiens’
Ofskoon staatsdepartemente die Wagtoringgenootskap baie tegemoetkomend was in verband met hulle bouprojek in Nigerië, het sommige koerante en godsdiensleiers probeer om Jehovah se Getuies oor die neutraliteitskwessie in die moeilikheid te bring. Ander joernaliste het hulle egter geprys. Een skrywer, ’n regsgeleerde, het gevra of Jehovah se Getuies “werklik onpatrioties is”. Hy het sy eie antwoord verstrek: “Getuies is belastingbetalende en wetsgehoorsame burgers. Enige . . . Getuie wat so eerlik kan wees met sy godsdiens dat hy daaraan gehoorsaam sal wees al loop hy gevaar om sekere voorregte te verbeur, sal in die meeste ander dinge net so eerlik wees . . . Die rede waarom hy weier om staatsgeld te steel terwyl sy ander kollegas . . . die volkslied sing en nogtans geld verduister, is omdat sy Bybel, wat hom vra om nie die volkslied te sing nie, ook sê dat hy nie mag steel nie.”