Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w87 2/1 bl. 30
  • Kinders by vergaderinge?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kinders by vergaderinge?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
w87 2/1 bl. 30

Kinders by vergaderinge?

‘BABAS en kinders moet nooit na die huis van God gebring word nie.’ Dit is die mening van bekende Bybelkommentator Adam Clarke. Hy het natuurlik ’n toegewing gedoen vir die verarmde moeder wat ‘niemand het om in haar afwesigheid na haar kind om te sien nie’. Sulke persone kan toegelaat word om hulle kinders kerk toe te bring, “hoewel dit vir die gemeente, en vir party predikante, ongerieflik is om ’n kind te hoor huil”.

Clarke baseer sy vooroordeel teen kinders op die Bybelteks in Nehemia 8:3, wat lui: “En Esra, die priester, het die wet voor die vergadering gebring, manne sowel as vroue en almal wat met verstand kon luister.” So ’n vertolking weerspreek egter die gees van Deuteronomium 31:12: “Laat die volk byeenkom, die manne en die vroue en die kinders . . . dat hulle kan hoor en dat hulle kan leer.”—Kyk ook 2 Timotheüs 3:15.

In die lig hiervan lyk dit nie of Nehemia dit in gedagte gehad het om enigiemand uit te sluit toe hy hierdie vergadering gereël het nie. Die doel van die uitnodiging was waarskynlik eerder om almal wat “met verstand kon luister” in te sluit, om ’n volle deelname aan te moedig! Hoe onredelik sou dit tog gewees het om ouers te vra om hulle kinders sonder toesig te laat!

Interessant genoeg, Jehovah se Getuies word vandag aangespoor om hulle babas en kinders na Christenvergaderinge te bring. Soms veroorsaak dit miskien wel geringe steurnisse en ’n sekere mate van spanning vir die ouers. Maar Christenouers doen die moeite om hulle kinders te leer om stil te sit. Mettertyd sal hulle kinders ‘met verstand kan luister’ en lewegewende inligting kan inneem.—Hebreërs 10:24, 25.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel