’n Poligamis en toordokter vind die waarheid
’N SWARTMAN met die naam Isaac, sowel as etlike ander mans, het van die Apostoliese Kerk in sy stat weggebreek omdat die kerk se woorde nie met sy dade ooreengestem het nie. Later het hulle almal, sowel as hulle vrouens, Jehovah se Getuies geword—behalwe Isaac. Hulle het besluit om hom te besoek en hom te vertel dat hulle die waarheid gevind het. Intussen het Isaac ’n suksesvolle toordokter geword, en het hy verskeie vroue gehad. Na ’n studie van die brosjure Jy kan vir ewig op die aarde lewe! wat oor sy lewenstyl handel, het Isaac sy winsgewende toordokterpraktyk laat vaar, en ook sy vroue, behalwe sy eerste vrou, prysgegee. Hy het sy huwelik met sy eerste vrou, wat toe 63 was (en hy 68), gewettig. Hy sê dat hy ‘baie gelukkig en vry voel, en nie meer die geeste vrees nie’.