Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w86 12/15 bl. 30
  • Onthou jy?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Onthou jy?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Soortgelyke materiaal
  • Godvrugtige eerbied vir bloed
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Bybelboek nommer 46—1 Korinthiërs
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • Bekwame raadgewers—’n seën vir hulle broers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Heg die regte waarde aan jou gawe van lewe
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
w86 12/15 bl. 30

Onthou jy?

Het jy dit geniet om die jongste nommers van Die Wagtoring te lees? Kyk dan of jy die volgende gedagtes kan onthou:

◻ In watter sin kon Paulus sê dat hy “rein is van die bloed van almal”? (Handelinge 20:26, 27).

Paulus het blykbaar gedurende sy leeftyd nie bloed in oorloë vergiet nie, en hy het ook nie bloed geëet nie. Maar bowenal het hy intens belanggestel in die lewens van ander soos verteenwoordig deur hulle bloed. Hy wou nie sien dat hulle hulle lewe in God se oordeelsdag verloor omdat hy versuim het om vir hulle ’n deeglike getuienis te gee nie.​—1/9, bladsy 27.

◻ Waarom was Jesus se Bergpredikasie so waardevol?

Jesus se preek was nie net waardevol weens die geestelike inhoud daarvan nie, maar ook vanweë die eenvoud en helderheid daarvan.​—15/9, bladsy 9.

◻ Wat het die apostel Paulus se raad so doeltreffend gemaak?

Die raad was doeltreffend omdat die ontvangers daarvan geweet het dat Paulus hulle liefhet. Hy het ook op godvrugtige wysheid vertrou, nie op sy eie opinies nie, en hy het raad met ’n sagmoedige gees gegee (2 Timotheüs 3:16; Titus 3:1, 2).​—15/9, bladsye 12, 13.

◻ Wat word voorgestel deur die vier diere wat Daniël gesien het in sy droom wat in Daniël hoofstuk 7 opgeteken is?

Hulle stel wêreldmoondhede voor wat van Daniël se dag af opeenvolgend tot die oprigting van God se Koninkryk sou heers. Hulle was: Babilon, Medo-Persië, Griekeland en Rome met sy uitspruitsel, die Anglo-Amerikaanse Wêreldmoondheid.​—1/10, bladsy 7.

◻ Waarom is die verkondiging van die goeie nuus van die Koninkryk ’n praktiese manier om naasteliefde te betoon?

Die predikingswerk is prakties omdat dit mense help om sedelike beginsels toe te pas. Dit help hulle weer om talle lewensprobleme te voorkom.​—1/10, bladsy 23.

◻ Waarom was die benaming “Seun van die mens” vir Jesus gepas?

Toe Jesus hierdie benaming op homself toegepas het, was hy ’n mens, en daarom was hy letterlik “die Seun van ’n mens”. Hy het ook sy lewe gegee om mense vry te koop en aldus die rol vervul van die mensdom se naaste bloedverwant​—waarlik “die Seun van ’n mens” (Mattheüs 20:28; Hebreërs 2:11-17).​—15/10, bladsy 6.

◻ Waarom is sinvolle kommunikasie tussen ouers en kinders so belangrik?

Sulke gesprekvoering lei tot wedersydse begrip en geneentheid. Wanneer kinders bereid is om selfs oor intieme sake te praat, kan hulle ouers agterkom wat in hulle harte is. Kinders begin ook sien dat hulle ouers se emosies en beweegredes nie juis van hulle s’n verskil nie. Dit alles dra grootliks by tot ’n gelukkige, verenigde gesin.​—1/11, bladsye 18, 19.

◻ Hoe kan ’n Christen baie probleme in sakeverhoudinge voorkom?

Voor hy ’n sakeonderneming aanpak, moet ’n Christen sy beweegredes noukeurig ondersoek. Die Bybel se raad in Romeine 14:19 dat ons “najaag wat tot vrede en onderlinge stigting dien”, moet altyd in gedagte gehou word.​—15/11, bladsy 19.

◻ Watter voordele spruit uit gehoorsaamheid aan die geïnspireerde raad om ‘net in die Here te trou’? (1 Korinthiërs 7:39).

Christenhuweliksmaats kan mekaar aanmoedig om verskillende beproewings met welslae die hoof te bied en aldus aan God getrou te bly. Hulle kan saam die druk wat huweliksbande kan verswak, weerstaan. Hulle pogings om Jehovah te dien en hulle lewens na sy weë te skik, kan tot ’n geslaagde huwelik bydra wat Jehovah vereer.​—15/11, bladsy 26.

◻ Watter goeie voorstel in verband met bydraes het die apostel Paulus aan die gemeente in Korinthe gedoen?

Paulus het in 1 Korinthiërs 16:2 geskryf: “Op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle self opsy sit en opspaar namate sy voorspoed is.” Gereeldheid, nie soseer die bedrag nie, is beklemtoon. Vandag kan Jehovah se volk hierdie selfde beginsel toepas om die nodige uitgawes in verband met die Koninkryksaal te dek of ander bydraes ten bate van Koninkryksbelange te maak.​—1/12, bladsy 30.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel