Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w86 7/1 bl. 4-5
  • ‘Die hele skepping sug voortdurend’—Waarom?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Die hele skepping sug voortdurend’—Waarom?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Politieke bevryding
  • Bevryding van nasionale en rassediskriminasie
  • Die bevryding van vroue
  • Bevryding—Hoe begeerlik!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Gebruik Christelike bevryding reg
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Hoe Christene moet voel oor bevryding
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Insig in die nuus
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
w86 7/1 bl. 4-5

‘Die hele skepping sug voortdurend’​—Waarom?

DIE eerste man en vrou het God die rug toegekeer. Maar nadat hulle die verlangde “bevryding” verkry het, moes hulle sake na die beste van hulle vermoë hanteer. Hulle het weldra ontdek dat hulle beste lank nie goed genoeg was nie. Onervarenheid en beperkte kennis het tot probleme gelei.

Dit is waarom talle van ons slagoffers van diskriminasie of onregverdigheid geword het. Dit is waarom ons almal in slawerny aan menslike onvolmaakthede is, waarom ons siek word, abnormale fisiese en geestespyn ly en trane van verdriet stort. Of, soos die Bybel dit stel, dit is waarom “die hele skepping [voortdurend] tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe”.​—Romeine 8:22, vgl. NW.

Soos sake verloop het, het die mens se eerste vryheidspoging hom dus in slawerny gedompel. Hy probeer nou al 60 eeue lank om homself van die slegte gevolge daarvan te bevry. Maar met watter sukses?

Politieke bevryding

Die mens het alle soorte regerings op die proef gestel. Dié wat onderdrukkend of onregverdig was of wat versuim het om in die volk se onmiddellike behoeftes te voorsien, is verwerp of selfs gewelddadig omvergewerp en deur ander vervang​—maar met twyfelagtige resultate.

Joernalis Lance Morrow het oor politieke revolusies gesê: “Die geskiedenis het te veel utopiese dramas van transformasie gesien wat uitgeloop het op regimes wat net so totalitêr, net so moorddadig, was as die regimes wat daardeur weggevee is​—oorwinnings van hoopvolle selotisme oor die ondervinding.”

Om een onvolmaakte regering deur ’n ander te vervang, is nouliks die ideale manier om ware bevryding teweeg te bring. Wyse koning Salomo is derhalwe goddelik geïnspireer om te skryf: “Die een mens heers oor die ander tot sy ongeluk” (Prediker 8:9). Dit is duidelik dat ‘die hele skepping tesame voortdurend sal sug en tesame in barensnood’ sal bly totdat volmaakte regering bevryding van onvolmaakte heerskappy verwesenlik.

Bevryding van nasionale en rassediskriminasie

Rasse- of nasionale vooroordeel is reëlreg in stryd met die Bybelwaarhede dat God “uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak” het en dat “God geen aannemer van die persoon is nie, maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is” (Handelinge 17:26; 10:34, 35). Maar diegene wat gelyke behandeling begeer, het dit dikwels nie gevind nie, selfs nie in nasies wat beweer dat hulle Christelik is nie.

Beskou byvoorbeeld die Swart ras. Party sogenaamde Christene beweer dat ’n swart velkleur die gevolg is van ’n goddelike vloek wat oor Kanaän en sy nakomelinge uitgespreek is, wat hulle in ’n posisie van knegskap plaas. Hierin begaan hulle ’n fout. Die Swart ras stam nie van Kanaän af nie, maar van Kus en moontlik Put. En geen vloek is oor een van hulle twee uitgespreek nie.​—Genesis 9:24, 25; 10:6.

Ondanks hierdie feit, word Swart mense dikwels selfs deur ander Swart mense maatskaplik en ekonomies vertrap. Hulle begeer bevryding. Maar hulle vryheidsbewegings het, ondanks sitbetogings en protesoptogte, slegs gedeeltelike welslae behaal. Omdat hulle nie harte volkome kan verander nie, kon hulle nie rassevooroordeel, godsdiensonkunde en gebrek aan naasteliefde heeltemal uitwis nie.

Gevolglik sal “die hele skepping tesame [voortdurend] sug en tesame in barensnood” bly totdat God se Koninkryk in die hande van Christus rassediskriminasie uitgewis het.

Die bevryding van vroue

Deur die eeue heen is vroue mishandel en dikwels as tweedeklas mense beskou. Dit is nie hulle Skepper se skuld nie. Hy het nie die vrou geskep vir die man om haar slegs as ’n seksvoorwerp te beskou nie. Die man is ook nie beveel om haar te tiranniseer nie. As die man se vrou moes sy sy “hulp” wees, wat “by hom pas” en wat “een vlees” met hom moes word.​—Genesis 1:26-28; 2:18-24.

Eva se begeerte na onafhanklikheid van God se liefdevolle gesag het nie tot vryheid nie, maar tot hardvogtige onderwerping gelei. God het dit voorsien en voorspel: “Na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers” (Genesis 3:16). Onvolmaakte manlike oorheersing was vir talle vroue uiters onaangenaam, en ’n aantal feminisbewegings het dit probeer afwerp.

Maar hoewel die Vrouevryheidsbeweging sekere veranderinge ten goede teweeggebring het, het dit gefaal omdat dit teenstrydig is met die gebalanseerde bevryding wat God belowe. “Die hele skepping [sal voortdurend] tesame sug en tesame in barensnood” bly totdat God se Koninkryk alle mans leer om “hul eie vroue [lief te hê] soos hul eie liggame” en om “bejaarde vroue soos moeders, jongeres soos susters in alle reinheid” te behandel.​—Efesiërs 5:28; 1 Timotheüs 5:2.

Voordat ons verduidelik hoe daardie dag sal aanbreek, moet ons eers ’n ander belangrike vraag bespreek. Hoe moet Christene hedendaagse vryheidsbewegings beskou?

[Lokteks op bladsy 4]

Om een onvolmaakte regering deur ’n ander onvolmaakte regering te vervang, sal nie ware bevryding teweegbring nie

[Lokteks op bladsy 5]

Burgerlike ongehoorsaamheid, sitbetogings en protesoptogte verander nie harte nie

[Lokteks op bladsy 5]

Die Vrouevryheidsbeweging het gefaal omdat dit teenstrydig is met die gebalanseerde bevryding wat God belowe

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel