Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w86 5/1 bl. 25
  • “Vriendelik” of “babas”—Watter een?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Vriendelik” of “babas”—Watter een?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
w86 5/1 bl. 25

“Vriendelik” of “babas”​—Watter een?

IN 1 THESSALONICENSE 2:7 het die apostel Paulus gesê dat hy en sy metgeselle “vriendelik onder julle [was] soos ’n pleegmoeder haar kinders koester”. Sommige vertalings (The Bible in Basic English; Today’s English Version) sê hier “vriendelik”, maar ander vertalings (Westminster Version; American Translation) gebruik die woord “babas” of “kinders”. Waarom hierdie verskil?

Die vertalers volg een van die twee verskillende lesings in die Griekse tekste en manuskripte. Sommige Griekse tekste (Textus Receptus, Tischendorf, Merk) en manuskripte sê e’pi·oi, wat “vriendelik” beteken, maar ander Griekse tekste (Westcott en Hort, Nestle-Aland) en manuskripte sê ne’pi·oi, wat “babas” beteken.

The New International Dictionary of New Testament Theology (Deel I, 1975, bladsy 282) het hieroor gesê: “Daar is twee lesings van 1 Thess. 2:7: (a) ēpioi (ons was vriendelik in julle midde); (b) nēpioi (babas). Die voorgaande woord [in hierdie vers] eindig met n, en dit is waarskynlik dat hierdie n met die oorskrywery per ongeluk herhaal is. Daarbenewens veroorsaak die vertolking van die tweede lesing probleme. Want in v. 7b 1 Thessalonicense 2:7b is dit die Thessalonicense en nie homself nie wat Paulus met ‘kinders’ vergelyk; hy en sy medewerkers was soos ’n voedster (trophos).” Talle vertalings sê hier dus tereg “vriendelik” eerder as “babas”.

Maar waarom het Paulus hier die woord “vriendelik” gebruik? Dit was as gevolg van ware liefde en uit besorgdheid om nie die geestelike groei van diegene wat hy en sy medesendelinge geleer het te belemmer nie (1 Thessalonicense 2:8). W. E. Vine (An Expository Dictionary of New Testament Words, 1962-herdruk, Deel II, bladsy 145) sê dat e’pi·os “dikwels deur Griekse skrywers gebruik is vir ’n voedster met moeilike kinders of ’n onderwyser met weerspannige leerlinge, of van ouers ten opsigte van hulle kinders. In 1 Thess. 2:7 gebruik die Apostel dit om sy en sy medesendelinge se optrede teenoor die bekeerlinge in Thessalonika te beskryf.” Wanneer ons mense God se Woord leer, moet ons altyd die vriendelikheid wat Paulus en sy metgeselle getoon het in gedagte hou en hulle voorbeeld navolg.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel