Antwoord jy in toorn?
“’n Sagte antwoord keer die grimmigheid af, maar ’n krenkende woord laat die toorn opkom.” Dit is wat Spreuke 15:1 sê.
Gestel iemand maak jou kwaad. Word jy beweeg om met gelyke munt te betaal en hom goed die waarheid te vertel? Dit kan ernstige gevolge hê.
In die stad New York het ’n jong meisie tuisgekom na ’n hewige argument oor swak diens in ’n pizzeria en haar stiefvader daarvan vertel. Hy het soontoe gegaan om met die eienaar te gaan praat. ’n Rusie het ontstaan, en die pizzeria-eienaar het die man doodgeskiet.
Sou dit in so ’n situasie betaal het om die raad van die bostaande spreuk te volg? Dink aan die geval van Abigail en Dawid, soos opgeteken in 1 Samuel 25:2-35. Dawid het op die punt gestaan om ’n ernstige fout te begaan nadat hy die slegte berig ontvang het van die jongmanne wat van Nabal, Abigail se man, teruggekeer het. Onskuldige bloed sou vergiet gewees het. Abigail se sagte antwoord, tesame met haar vriendelike dade en nederigheid, het die vurige woede van Dawid en sy manne afgekeer.