Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w86 3/15 bl. 30
  • Jehovah voorsien in Trinidad se behoeftes

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jehovah voorsien in Trinidad se behoeftes
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
w86 3/15 bl. 30

Jehovah voorsien in Trinidad se behoeftes

VAN ’n klein begin in 1912 het die Koninkrykspredikingswerk in Trinidad en sy buureiland Tobago deur verskeie stadiums van uitbreiding gegaan. Die jongste ontwikkeling​—in Maart 1985—​was die voltooiing en toewyding van ’n nuwe tak net buite die hoofstad, Port of Spain. Die nuwe fasiliteite was broodnodig, want Trinidad het ’n vermeerdering van 79 persent in Koninkryksverkondigers gehad sedert die laaste takfasiliteite gebou is.

Dit was nie maklik om geskikte eiendom op ’n klein, digbevolkte eiland te vind nie. Grond is duur en boukoste is ook baie hoog. Maar Jehovah het in al hierdie behoeftes voorsien. ’n Puik, toeganklike perseel is net langs die hoofweg na die lughawe gevind. Die broers het die projek uitstekend ondersteun. Feitlik elke Koninkryksverkondiger in Trinidad het ’n aandeel in die bouwerk gehad.

Elke naweek het ’n groep van een gemeente met die werk kom help, terwyl lede van ’n ander gemeente voedsel en verversings voorsien het. Daar is twee of drie keer per week in die nag gewerk. Die bouwerk het dwarsdeur die reënseisoene voortgeduur. Toe die tyd aanbreek om die eerste vloerblad te giet, was daar meer as 350 broers wat emmers sement met die hand aangegee het. Hindoe-bure was eenvoudig verstom! Dit het die geleentheid geskep om vir hulle te getuig.

Die boukoste is met dieselfde heelhartige gees gedek. Susters het selfs hulle goue juweliersware bygedra sodat dit verkoop en vir die bouwerk gebruik kon word. ’n Agtjarige seuntjie het geskryf: “Ek hou baie daarvan om by die takkompleks te werk, maar omdat my Pappie se rug siek is en hy nie swaar werk kan doen nie, kan ek nie dikwels kom nie. Ek stuur dus hierdie geld wat ek gespaar het om met die werk te help.”

Jehovah se ondersteuning was gedurende die hele konstruksie duidelik. Hilary Charles, die bou-opsiener, het vertel van die tyd toe daar slegs tien sakke sement oor was en hulle die sementfabriek gebel het om nog te bestel. Hy het gesê: “Sement was moeilik bekombaar. Hulle het gesê dat ons niks voor die volgende week kon kry nie. Dit was omstreeks nege-uur die oggend. Om twee-uur daardie middag is ’n vrag sement daar aangebring. Die vragmotorbestuurder het gesê: ‘Die vrag sement was vir êrens anders bedoel, en ek is aangesê om dit hierheen te bring.’ Hy kon dit nie verstaan nie. Dit was Jehovah se hand.”

Die dubbelverdiepingtakkantoor is in die vorm van ’n T, met die ingang aan die bokant van die suidekant. Aan die regterkant van die aantreklike voorportaal is die Koninkryksaal, wat sitplek vir nagenoeg 200 mense het. Aan die linkerkant is ’n ruim kantoor. Die grondverdieping van die langer gedeelte bevat die drukkery, versendingsafdeling en wassery. Die kombuis, eetsaal en woonkwartier​—agt slaapkamers, elkeen met sy eie badkamer—​is op die boverdieping. ’n Klein biblioteek en sitkamer is bo die kantoor geleë.

Saterdag, 16 Maart, was toewydingsdag. Milton G. Henschel van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies het die toespraak gehou. “Jehovah weet nie net hoe om te voorsien nie, maar hy weet ook wat ons nodig het”, het broer Henschel gesê. Ja, die nuwe fasiliteite was ’n gawe van Jehovah. Die sessie is met ’n ernstige toewydingsgebed aan Jehovah afgesluit. Hoe verheug was ons tog!

Jehovah se Getuies in Trinidad en Tobago verbly hulle in die vermeerdering wat Jehovah gee. En hulle gaan vooruit, op die uitkyk na selfs verdere vermeerdering terwyl hy steeds in hulle behoeftes as Koninkryksverkondigers voorsien.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel