Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w85 11/1 bl. 14
  • Lof vir byeenkomsgangers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Lof vir byeenkomsgangers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Soortgelyke materiaal
  • Ons Streekbyeenkomste—Kragtige getuienis vir die waarheid
    Ons Koninkryksbediening—2012
  • Drie dae van geestelike verkwikking
    Ons Koninkryksbediening—2011
  • Byeenkomste—bewys van ons broederskap
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
  • “Boodskappers van Goddelike Vrede”-streekbyeenkoms vir 1996
    Ons Koninkryksbediening—1996
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
w85 11/1 bl. 14

Koninkryksverkondigers berig

Lof vir byeenkomsgangers

“DOEN wat goed is, en jy sal lof . . . ontvang”, het die apostel Paulus in Romeine 13:3 gesê. Dit was die geval by verlede jaar se “Koninkryksvermeerdering”-byeenkomste in Brasilië.

Na die byeenkoms in João Pessoa het die klubbestuurder byvoorbeeld vir die byeenkomskomitee gesê: “Ek wens julle geluk met die puik manier waarop die byeenkoms gehou is en met die goeie gedrag van julle en julle kinders. Geen ander godsdiensorganisasie gedra hulle so goed nie. Wanneer ons plekke aan julle verhuur, het ons geen bekommernisse nie. Julle is altyd welkom om ons fasiliteite te gebruik.”

Daar was soortgelyke kommentare van baie ander:

◻ “Ek werk al jare lank met groot skares, maar julle is die beste georganiseer, die skoonste en behulpsaamste.”​—Die administrateur van die Maracanãzinho-stadion in Rio de Janeiro.

◻ “Ek is werklik beïndruk deur julle beweging. As Jesus Christus nou sou kom, dink ek dat hy julle godsdiens sou goedkeur.”​—’n Brandweerman wat by een van die byeenkomste in Rio de Janeiro aan diens was.

◻ “Julle skep vir ons [polisiemanne] geen probleme nie. Ek wens dat almal soos julle mense was. Dit sou wonderlik wees. Wanneer ek my fluitjie blaas, weet ek dat ek sonder argument gehoorsaam sal word.”​—’n Verkeerskonstabel wat by die byeenkoms in Curitiba diens gedoen het.

◻ “Ons wil hierdie geleentheid gebruik om julle geluk te wens met julle ordelikheid en wonderlike, spontane dissipline, en ons wens julle sukses toe met toekomstige byeenkomste. Hierdie Prefektuur [Munisipaliteit] is altyd tot julle diens.”—’n Brief van die burgemeester se kantoor in Santo André aan die byeenkomsopsiener.

◻ “Daar was ’n groot verskil tussen julle gedrag en die gedrag van ander wat ons hotelkamers gebruik het. Julle mense het alles skoon en ordelik gehou, en hulle gedrag het onberispelike respek vir ander getoon.”​—’n Hotelbestuurder in Novo Hamburgo.

◻ “Julle word seker goed betaal.”​—Die eienaar van ’n bakkery wat brood vir die byeenkoms in Sorocaba voorsien het, het dit gesê nadat hy gesien het hoe hard die broers daar werk. Toe hy hoor dat hulle almal onbesoldigde, vrywillige werkers is, het hy na sy bakkery teruggegaan en sy hele personeel na die stadion gebring om hulle ywer en toewyding te aanskou!

Die Brasiliaanse byeenkomste het selfs onder die aandag van die nuusmedia gekom. Die Tribuns da Bahia het soos volg berig: “Die Getuies gaan na die Bybel vir ’n verduideliking van menslike geweld en bedrog. Hulle bespreek nie politiek nie, meng hulle nie in maatskaplike prosedure in nie en weet niks van regstreekse verkiesings nie. Die regverdiging hiervoor is die feit dat geen leier, ongeag wie hy is, ooit gebalanseerd sal wees nie, aangesien slegs God die wêreld op volmaakte wyse kan regeer. . . . Die grondslag vir hulle geloof is die koms van ’n nuwe wêreld wat slegs bereik kan word deur onvermoeide studie van die Bybel en deur slegte gewoontes in ’n rein hart te verander.”

Jehovah se Getuies maak natuurlik nie daarop aanspraak dat hulle volmaak is nie, maar glo dat God se Koninkryk ’n volmaakte nuwe orde tot stand sal bring. Hulle probeer nietemin om die Bybel se raad in 1 Petrus 2:12 toe te pas: “Hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat . . . hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik.”

[Prent op bladsy 14]

Christelike gedrag verheerlik God

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel