Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w85 11/1 bl. 15
  • ’n Heuglike dag vir Japan se sendelinge

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Heuglike dag vir Japan se sendelinge
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
w85 11/1 bl. 15

’n Heuglike dag vir Japan se sendelinge

VRYDAG, 17 Mei 1985, was geestelik gesproke ’n sonnige dag vir Japan se 76 sendelinge. Hierdie sendelinge, die grootste groep in een land, is na byna 40 jaar steeds aktief besig om Bybelwaarhede te verkondig. Opgewonde oor hierdie jaarlikse voorreg om te vergader, het hulle van hulle tien sendelinghuise oor die hele land na die Ebina-tak gereis. Sommige het van afgeleë reistoewysings gekom.

Hierdie gelukkige groep se entoesiastiese begroetinge en gesprekke is om 1:00 nm. onderbreek. Die sone-opsiener het die vergadering tot die orde geroep. Die register is gelees, en elke sendeling het sy vaderland, Gileadklasnommer en jare in die buitelandse diens gemeld. Hoe bemoedigend was dit tog om te sien dat sendelinge van selfs die sewende klas na sowat 37 jaar steeds bedrywig en getrou in hulle toewysing dien! Na ’n toespraak oor die stigting van Gileadskool in 1943, het die sone-opsiener die sendelinge hartlik geprys omdat hulle die moeilike Japannese taal geleer het. Vervolgens is vrae bespreek oor hoe om die Bybelopvoedkundige diens wat aan die Japannese volk gelewer word te verbeter. ’n Lewendige bespreking het gevolg.

Bekwame bedienaars het verduidelik hoe hulle die boekie “Kyk! Ek maak alles nuut” gebruik om ’n oorsig van die Bybel se geskiedenisverslag en leerstellings te bied. Een sendeling het almal se gevoelens oor hierdie bespreking soos volg opgesom: “Dit was so bevredigend om te weet dat die broers by die hoofkwartier werklik die werk hier wil bevorder​—net die wete hou ons aan die gang.” Al die sendelinge was verheug dat hulle “aan die vergadering kon deelneem” en, soos hulle gesê het, dat “ons kon praat oor ons behoeftes om die bediening wat ons so na aan die hart lê doeltreffend uit te voer”. Een sendeling het die feit waardeer dat hierdie belangstelling deur Jehovah se organisasie werklik “’n poging is om die situasie hier te verstaan”. ’n Ander het gesê: “Ons was veral bly oor die wenk om verskeie aanbiedings voor te berei om die probleem van gereelde gebieddekking te bowe te kom.”

Na hierdie lewendige bespreking het die sendelinge na geestelik stimulerende antwoorde op Bybelvrae geluister. Sommige het gesê: “Hierdie program het my aan Gilead laat dink.” ’n Ander het gesê: “Dit het my vasbeslote gemaak om werklik in God se Woord te delf.” Toe het almal na een van die eetsale verdaag vir verversings en om weer te gesels met kennisse uit afgeleë toewysings. Die sendelinge het die aand talle interessante ondervindinge vertel. Een jong vrou wou byvoorbeeld die waarheid leer omdat sy as ’n kind die goeie gedrag gesien het van besige sendelinge wat naby haar huis in Nagasaki gewoon het. Vandag is sy en haar man in die waarheid! ’n Ander sendeling het vertel van ’n goeie Bybelstudie wat begin is omdat die sendeling “daardie een laaste besoek” aan die einde van die dag gedoen het.

Gevul met hernieude ywer en entoesiasme het die sendelinge na hulle toewysings teruggegaan, verkwik deur en dankbaar vir die persoonlike sorg wat Jehovah deur sy liefdevolle organisasie voorsien. Die sone-opsiener, A. D. Schroeder, het die volgende Sondag ’n gehoor van 174 959 wat dwarsoor Japan bymekaargekom het per telefoonkabel toegespreek. As die hoogtepunt van sy toespraak het hy die Japannese uitgawe van die New World Translation of the Holy Scriptures​—With References met 1 792 bladsye vrygestel​—nog ’n voortreflike, nuwe instrument wat Japan se 102 206 Getuies kan gebruik!

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel