Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w85 11/1 bl. 13
  • “Ek wil ’n onversetlike Christen wees”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Ek wil ’n onversetlike Christen wees”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat is die Evangelie werklik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Waarom vier Jehovah se Getuies nie Kersfees nie?
    Algemene vrae oor Jehovah se Getuies
  • Kersfeeswaarhede of -mites?
    Ontwaak!—1991
  • Die vroue het ’n groot aandeel gehad
    Ontwaak!—1999
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
w85 11/1 bl. 13

“Ek wil ’n onversetlike Christen wees”

’n Jong man in Zimbabwe het die boek “Let Your Kingdom Come”, wat deur die Wagtoringgenootskap uitgegee word, gelees, en dit het hom beweeg om die volgende te skryf:

“Ek het die afgelope paar jaar hier in Zimbabwe opgemerk dat dit julle, Jehovah se Getuies, is wat werklik probeer om Christus se voorbeeld te volg. Ek is ’n Sewendedag-Adventis, maar dit lyk asof my Kerk in hierdie land die inspirasie van die heilige gees verloor het. Ons gaan kompromisse met die wêreld aan. Ons glo byvoorbeeld, soos julle, dat Christus nie op 25 Desember gebore is nie, en tog sê ons predikante dat ons Kersfees kan vier solank ons onthou dat Christus vir ons sondes gesterf het. . . .

“Ek is siek en sat daarvan om te beweer dat ek ’n Christen is terwyl my lewenswyse in stryd is met Jesus se voorbeeld. Ek wil ’n onversetlike Christen wees . . . Julle is tot dusver die enigste groep wat my deur julle lewenswyse, en nie net deur toesprake en geskrifte nie, van God se liefde en die krag van Sy evangelie kon oortuig. Julle leef en verkondig die evangelie, terwyl baie, baie mense die evangelie verkondig, maar dit nie uitleef nie.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel