Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w85 9/15 bl. 14-18
  • Bedieningsknegte—’n Seën vir Jehovah se volk

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bedieningsknegte—’n Seën vir Jehovah se volk
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die voltydse bediening help
  • Pligte van bedieningsknegte
  • Voldoen hulle aan die vereistes?
  • Bedieningsknegte lewer waardevolle diens
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
  • Bedieningsknegte—Behou ’n voortreflike reputasie!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Watter rol speel die bedieningsknegte?
    Wie doen vandag Jehovah se wil?
  • Handhaaf harmonie tussen Ouere manne en bedieningsknegte
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
w85 9/15 bl. 14-18

Bedieningsknegte​—’n Seën vir Jehovah se volk

“Laat hul geskiktheid eers op die proef gestel word en laat hulle daarna, wanneer hulle vry van beskuldiging is, as bedieningsknegte dien.”​—1 TIMOTHEÜS 3:10, NW.

1. Wie help om gemeentelike geluk en eenheid te verseker?

JEHOVAH is “die gelukkige God” en hy wil hê dat sy knegte gelukkig moet wees (1 Timotheüs 1:11, NW). Daarom het hy ouere manne en bedieningsknegte tot seën van sy volk voorsien. Hierdie verantwoordelike manne verrig nuttige dienste en help om die geluk, eenheid en gladde werking van die Christengemeente te verseker. Hoe dankbaar is Jehovah se Getuies tog vir die liefdevolle en nuttige diens wat hierdie aangesteldes in God se teokratiese organisasie verrig!

2. Watter gesindheid behoort ouere manne en bedieningsknegte te hê, maar wat moet hulle nooit vergeet nie?

2 Ondanks die noodsaaklike bydrae wat ouere manne en bedieningsknegte tot die gemeente maak, moet hulle nie hulle eie belangrikheid vergroot nie. Hulle moet onthou dat Jesus Christus sy volgelinge vermaan het om nederig te wees. Hy het eenmaal vir hulle gesê: “Elkeen dan wat homself verneder soos hierdie kindjie, hy is die grootste in die koninkryk van die hemele” (Mattheüs 18:4). En die dissipel Jakobus het geskryf: “Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog” (Jakobus 4:10; Romeine 12:3). Maar ’n nederige gesindheid vereis nie dat hierdie manne die belangrikheid van hulle werk as ouere manne en bedieningsknegte moet kleineer nie. Hulle kan nederig wees en steeds die leiding in die bediening gee. Hulle moet nooit vergeet watter nut hulle werk stig nie, maar hulle moet altyd in gedagte hou dat hulle ’n verpligting teenoor Jehovah sowel as hulle Christenbroers het om hulle pligte na hulle beste vermoë na te kom.

3. Waarmee kan die verenigde bedrywigheid onder Jehovah se Getuies vergelyk word, en hoe kan toegewyde manne sulke eenheid en die bevordering van Koninkryksbelange vooruithelp?

3 Die eendragtige bedrywigheid onder Jehovah se Getuies vandag kan vergelyk word met die eenheid in die menseliggaam. Trouens, die apostel Paulus het die geestelike liggaam van Christus vergelyk met die menseliggaam wat uit talle lede bestaan. Maar al die lede van die liggaam werk saam ter wille van onderlinge voordeel (1 Korinthiërs 12:12-31). En aangestelde ouere manne en bedieningsknegte is gewis ’n seën vir Jehovah se volk, want hierdie manne bevorder die verenigde werking van die hedendaagse Christengemeente. (Vergelyk Kolossense 2:18, 19.) Toegewyde manne in die gemeente wat daarna streef om Jehovah se organisatoriese reëling te ondersteun deur ‘na ’n opsienersamp te verlang’, lewer ’n noodsaaklike bydrae tot Christeneenheid en die bevordering van Koninkryksbelange (1 Timotheüs 3:1). Maar aan watter vereistes moet ’n Christenman voldoen om ’n. bedieningskneg te word?

‘‘Geskiktheid word eers op die proef gestel’

4. (a) Waarom moet voornemende bedieningsknegte se “geskiktheid eers op die proef gestel word”? (b) Wat moet hierdie manne gewillig wees om te doen?

4 Die apostel Paulus het vir sy medewerker Timotheüs gesê wat vereis word voordat manne as bedieningsknegte aangestel kon word. Paulus het onder meer geskryf: “Laat hul geskiktheid eers op die proef gestel word en laat hulle daarna, wanneer hulle vry van beskuldiging is, as bedieningsknegte dien” (1 Timotheüs 3:10, NW). Dit sou voorkom dat manne wat nie aan sekere basiese Skriftuurlike vereistes voldoen nie, aangestel word. Dit sou ook tyd toelaat om vas te stel wat voornemende bedieningsknegte se beweegredes is. Hierdie manne moet gewis nie beweeg word deur ’n begeerte na aansien nie, want dit sou ’n gebrek aan nederigheid openbaar. ’n Broer moet eerder ter erkenning van die feit dat ’n Christen se toewyding aan God onvoorwaardelik en alomvattend is, bereid wees om in enige hoedanigheid te dien waarin Jehovah mag goeddink om hom in Sy organisasie te gebruik. Ja, voornemende bedieningsknegte moet bereid wees om te dien soos getroue Jesaja, wat gesê het: “Hier is ek, stuur my.”​—Jesaja 6:8.

5. (a) Watter vereistes vir bedieningsknegte word in 1 Timotheüs 3:8 uiteengesit? (b) Wat beteken dit om “ernstig” te wees? (c) Wat het Paulus bedoel toe hy gesê het dat bedieningsknegte nie “dubbeltongig” moet wees nie?

5 “Bedieningsknegte moet insgelyks ernstig wees, nie dubbeltongig nie, hulle nie oorgee aan baie wyn nie, nie belus op oneerlike wins nie”, het Paulus verduidelik (1 Timotheüs 3:8, NW). Hoewel party bedieningsknegte betreklik jonk is, is hulle nie jeugdiges nie en moet hulle “ernstig” wees. Hulle moet geleer het om belangrike sake ernstig te beskou. (Vergelyk Spreuke 22:15.)Hulle moet vertroubaar en pligsgetrou wees, nie manne wat geneig is om verantwoordelikheid lig op te neem nie. Hulle moet inderdaad betroubaar wees en hulle pligte ernstig opneem. Wat kan immers ernstiger wees as heilige diens aan Jehovah? Dit is ’n lewenskwessie​—vir hulle en vir ander. (Vergelyk 1 Timotheüs 4:16.) Toe Paulus gesê het dat bedieningsknegte nie “dubbeltongig” moet wees nie, het hy bowendien bedoel dat hulle openhartig en eerlik moet wees, nie babbelsiek, skynheilig of slinks nie.​—Spreuke 3:32, NW.

6. Wat is sommige opsigte waarin bedieningsknegte balans kan openbaar?

6 Goeie balans is onmisbaar in die persoonlike lewe van manne wat aan die vereistes vir bedieningsknegte voldoen. Paulus het klaarblyklik bedoel dat hulle dronkenskap, gierigheid en oneerlikheid moet vermy toe hy gesê het dat hulle hulle ook nie moet ‘oorgee aan baie wyn nie’ en nie “belus op oneerlike wins” moet wees nie. Hierdie Christenmanne moet ook nie die indruk skep dat hulle baie belangstel in genot of materiële dinge nie. Hulle moet altyd probeer om geestelike dinge eerste te stel. Dit sal hulle help om “’n rein gewete” voor hulle medemens en, belangriker nog, in God se oë’ te behou.​—1 Timotheüs 3:8, 9, NW.

7. (a) Waarom kan daar gesê word dat die verantwoordelikhede van bedieningsknegte nie vir jeugdiges bedoel is nie? (b) Wat kan ’n bedieningskneg se ongetroude status omtrent hom openbaar?

7 Die groot verantwoordelikhede wat op bedieningsknegte rus, is nie vir jeugdiges bedoel nie. Volgens die Skrif is hierdie manne oud genoeg om getroud te wees en ’n gesin te hê. Onder daardie omstandighede moet hulle oor “hulle kinders en eie huise goed regeer” (1 Timotheüs 3:12). Beteken dit dat ’n jongman nie ’n bedieningskneg kan wees voordat hy eers getrou en ’n gesin grootgemaak het nie? Nee, glad nie. Trouens, sy teensinnigheid om oorhaastig te trou of voordat hy ’n geskikte, gedoopte Christenmaat gevind het, openbaar ’n mate van rypheid wat nodig is om behoorlik na persoonlike sake en die baie ernstiger gemeenteverantwoordelikhede om te sien.

8. Watter verantwoordelikheid rus op bedieningsknegte in die lig van 1 Timotheüs 3:13 en Mattheüs 24:14?

8 Paulus het gesê: “Die wat goed gedien het, verkry vir hulle ’n eervolle plek en [groot vrymoedigheid van spraak] in die geloof in Christus Jesus” (1 Timotheüs 3: 13, vgl. NW). Een manier waarop hulle die vereiste “groot vrymoedigheid van spraak” kan openbaar, is deur ’n aktiewe deelname aan die verkondiging van “hierdie evangelie van die koninkryk” te hê (Mattheüs 24: 14). Hulle moet besef dat hulle saam met die ouere manne die verantwoordelikheid het om die leiding te gee in die predikingswerk van huis tot huis en in ander vorme van die bediening (Handelinge 5:42; 20:20, 21). Namate Satan se goddelose stelsel ten einde spoed, word die predikingswerk al hoe dringender. Bedieningsknegte moet die gemeente derhalwe voortdurend aan die dringendheid van die Koninkrykspredikingswerk herinner deur self ’n goeie voorbeeld in die veldbediening te stel.

Die voltydse bediening help

9. Watter diens het talle Christene betree vanweë die dringendheid van ons tyd?

9 Talle Christenmanne en -vroue het vanweë die dringendheid van ons kritieke tyd die voltydse bediening betree. Talle, wat pioniers genoem word, wy daagliks gemiddeld twee tot vyf uur aan die predikingswerk, party as sendelinge in ander lande. Ander dien voltyds by die Wagtoringgenootskap se hoofkwartier of by sy takkantore rondom die aarde. Hulle diens is vir hulle en vir diegene wat deur hulle gedien word ’n bron van vreugde en bevrediging. En in talle gevalle het die ondervinding in die voltydse diens manne gehelp om die nodige kwalifikasies aan te kweek om die gemeente op voordelige wyse as bedieningsknegte te dien.

10, 11. Hoe kan manne wat bedieningsknegte wil wees by die voltydse diens baat vind, soos blyk uit die persoonlike betuigings hierbo?

10 Een voormalige bedieningskneg, nou ’n ouere man in ’n gemeente in Berlyn, Duitsland, sê van die pionierdiens wat hy jare gelede as ’n jongman betree het: “Ek kan sê dat dit ’n stap is wat ek nooit berou het nie. Jehovah het my geseën. My verhouding met hom het hegter geword.” Ja, hierdie broer het soos duisende ander gevind dat die voltydse bediening ’n persoon se verhouding met Jehovah kan verinnig en sy vooruitgang tot Christelike rypheid kan bespoedig.

11 ’n Ander veteran-pionier verduidelik hoe die voltydse diens hom gehelp het. “Ek het kalmer geword en nie so haastig om te oordeel nie”, sê hy. “Ek was gelukkiger en het inskikliker geword in my handelinge met allerhande mense.” Is dit nie eienskappe wat nodig is vir manne wat as bedieningsknegte wil dien nie?

12. (a) Watter geleenthede is daar om aan die voltydse bediening deel te neem? (b) Watter eienskappe, wat die bedieningskneg sal help om sy pligte na te kom, is nodig om ’n sukses van die voltydse bediening te maak?

12 Deelname aan die voltydse bediening, mits Skriftuurlike verantwoordelikhede dit toelaat, kan ’n wonderlike geleentheid wees vir Christenmanne sodat “hul geskiktheid eers op die proef gestel word”. Party kan permanent aan hierdie bediening deelneem, ander van tyd tot tyd. Jonger persone kan dit gedurende skoolvakansies doen, en ouer persone gedurende vakansies of ander gepaste tye gedurende die jaar. Deelname aan die voltydse diens verg natuurlik balans en noukeurige beplanning. ’n Bedieningskneg het hierdie vermoëns nodig en dit sal hom help om sy pligte na te kom. Watter pligte?

Pligte van bedieningsknegte

13. Wat gee Handelinge 6:1-6 te kenne omtrent die soort werk wat aan bedieningsknegte toegewys word?

13 Hoewel Handelinge 6:1-6 nie regstreeks van toepassing is op die aanstelling van bedieningsknegte nie, gee dit te kenne watter soort werk of pligte gewoonlik aan bedieningsknegte toegewys word. Die ‘sewe manne van goeie getuienis’ wat toe gekies is, het, nie deur medegelowiges te onderrig nie, maar deur voedsel uit te deel, die apostels in staat gestel om ‘te volhard in die gebed en die bediening van die woord’. Deur vandag na soortgelyke pligte om te sien, gee bedieningsknegte die ouere manne meer tyd om toesig te hou oor “die kudde van God” en hulle te onderrig.​—1 Petrus 5: 2, 3.

14. Watter verskillende pligte kan aan bedieningsknegte toegewys word?

14 Die boek Georganiseer om ons bediening te vervul sê oor bedieningsknegte se pligte: “Een bedieningskneg het die taak om vir die gemeente se lektuur te sorg sodat dit vir ons almal gerieflik is om die lektuur te kry wat ons vir persoonlike gebruik en vir velddiens nodig het. ’n Ander een sorg vir die tydskrifte in die gemeente. Ander moet state behartig soos die in verband met die gemeente se rekeninge of die uitgee van gebied, of hulle word gebruik om na mikrofone om te sien, klanktoerusting te bedien, na die verhoog om te sien of die ouere manne op ander maniere te help. Dit verg baie werk om die Koninkryksaal in stand en skoon te hou, en daarom word bedieningsknegte dikwels gevra om te help met die nakoming van sulke verantwoordelikhede. Bedieningsknegte word ook aangestel om as saalwagters te dien, nuwelinge te verwelkom en die orde by die gemeentelike vergaderinge te bewaar.”​—Bladsye 57-8.

15. (a) Wat benewens vermoë is nodig om ’n bekwame bedieningskneg te wees? (b) Wat moet bedieningsknegte se hoofdoel wees hoewel hulle na verskillende dinge omsien?

15 Kan sommer enige broer met die nodige vermoë sulke werk verrig? Nee, want die ‘manne van goeie getuienis’ wat in die eerste-eeuse Jerusalem gekies is, was “vol van die Heilige Gees en wysheid”, of was “prakties sowel as geestelik gesind” (Handelinge 6:3, Phillips). Al was hulle reeds ouere manne onder Jehovah se volk, was die werk wat aan hulle toegewys is soortgelyk aan die wat nou deur bedieningsknegte verrig word. As hedendaagse bedieningsknegte dus hulle pligte bekwaam wil nakom, moet hulle “prakties sowel as geestelik gesind” wees. Hoewel hulle besig gehou word met organisatoriese besonderhede, moet dit hulle hoofdoel wees om mense op geestelik opbouende maniere te dien.

16. Watter pligte kan aan bedieningsknegte toegewys word indien daar nie genoeg ouere manne in ’n gemeente is nie?

16 Aangesien bedieningsknegte geestelik gesind moet wees, kan hulle soms gebruik word vir werk wat gewoonlik deur ouere manne gedoen word. Georganiseer om ons bediening te vervul (bladsy 59) verduidelik: “Indien daar nie genoeg ouere manne is om die Gemeentelike Boekstudies te hou nie, word van die bekwamer bedieningsknegte as studiehouers gebruik om vir die toegewese groepe te sorg. Hulle kan dele op die Diensvergadering en Teokratiese Bedieningskool behartig en openbare toesprake in die plaaslike gemeente hou. Ander voorregte kan aan party bedieningsknegte gegee word indien daar ’n besondere behoefte bestaan en hulle aan die vereistes vir die toewysing voldoen.​—Vergelyk 1 Petrus 4:10.”

17. Watter soort man was Stefanus, en watter vraag laat dit ten opsigte van bedieningsknegte ontstaan?

17 Een van die ‘sewe manne van goeie getuienis’ in Bybeltye was “Stefanus, ’n man vol van geloof en van die Heilige Gees” (Handelinge 6:5). Voor hy as ’n getroue martelaar gesterf het, het Stefanus ’n roerende getuienis voor die Joodse Sanhedrin gelewer. Lees die verslag, en jy sal daarvan oortuig wees dat hy geestelik gesind was, ’n buitengewone getuie wat ontvanklik was vir die leiding van God se heilige gees en gewillig om sy lewe in Jehovah se diens op te offer (Handelinge 6:8-7:60). Neem jy, as jy ’n bedieningskneg is, jou gemeentelike pligte en veldbediening so ernstig op soos Stefanus klaarblyklik sy verantwoordelikhede en sy voorreg om die waarheid te spreek, opgeneem het?

Voldoen hulle aan die vereistes?

18. Wat kan gesê word oor die werk van talle bedieningsknegte, en waarvan kan hulle verseker wees?

18 Baie bedieningsknegte stel ’n goeie voorbeeld in Christelike lewenswyse, kom hulle gemeentelike verantwoordelikhede getrou na en gee die leiding in die veldbediening. Mede-aanbidders stel hulle werk hoog op prys en dit sal gewis deur Jehovah beloon word, want die Hebreeuse Christene is verseker: “God is nie onregverdig om julle werk te vergeet nie en die liefdearbeid wat julle betoon het vir sy Naam, omdat julle die heiliges gedien het en nog dien.”​—Hebreërs 6:10.

19. (a) Watter vrae kan elke bedieningskneg hom afvra? (b) Waarom sal dit goed wees om die probleme te bespreek wat party bedieningsknegte ondervind?

19 Elke bedieningskneg kan hom egter gerus afvra: Hoe voldoen ek aan Skriftuurlike vereistes? Dra ek werklik tot die eenheid van die gemeente by? Kom ek my toegewese pligte behoorlik en ywerig na? Stel ek ’n goeie voorbeeld in die veldbediening? Party bedieningsknegte ondervind probleme om te voldoen aan wat van hulle verwag word. Laat ons derhalwe van die probleme bespreek. Dit kan elke bedieningskneg help om “sy eie werk op die proef [te stel]” (Galasiërs 6:4). Dit behoort ook ander se waardering te vergroot vir die liefdearbeid van hierdie manne wat nuttige dienste onder Jehovah se Getuies lewer en ’n ware seën vir God se volk is.

Kan jy verduidelik?

◻ Hoe is bedieningsknegte ’n seën vir Jehovah se volk?

◻ Hoe kan die voltydse bediening broers help wat bedieningsknegte wil word?

◻ Waarom moet bedieningsknegte “prakties sowel as geestelik gesind” wees?

◻ Hoe was getroue Stefanus ’n goeie voorbeeld vir hedendaagse bedieningsknegte?

[Prent op bladsy 15]

Ouere manne en bedieningsknegte is ’n seën vir die gemeente

[Prent op bladsy 17]

Die pionierdiens is uitstekende opleiding vir diegene wat bedieningsknegte of ouere manne wil word

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel