Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w85 8/15 bl. 10
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die toekoms voorspel
  • Plek vir nog
  • “Godsdienswoesteny”
  • Geloof en jou toekoms
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Kan hierdie wêreld ooit eenheid bewerkstellig?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Aardwye vrede en veiligheid—’n betroubare Hoop
    Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind?
  • Kan die mens blywende vrede en veiligheid bring?
    Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind?
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
w85 8/15 bl. 10

Insig in die nuus

Die toekoms voorspel

“Die toekoms is beslis nie meer wat dit was nie!” het ’n hoofartikel in ’n onlangse nommer van Compressed Air Magazine gesê. Dit het melding gemaak van voorspellings wat van die jare 30 tot die jare 50 gedoen is, toe “die denkers van die tyd ’n feitlik blinde geloof in regering en die wetenskap gehad het en die totstandbrenging van ’n byna Utopiese lewenswyse voor die jaar 2000 in die vooruitsig gestel het”. Die hoofartikel het gesê dat “die meeste van hierdie grootse visioene nooit naby verwesenliking kom nie”. Waarom nie? Na die Tweede Wêreldoorlog is daar aangeneem dat “alle . . . probleme agter die rug is”, en daar moet toegegee word dat “verstommende tegnologiese vooruitgang gemaak is”. Maar in die jare na die oorlog was daar “herhaalde menslike, politieke, omgewings- en finansiële woelinge”. Nou, sê die artikel, “is ons verstandiger en beskou ons nie meer regerings en die tegnologie as panaseë vir alle maatskaplike euwels nie”.

Ernstige Bybelstudente het nog nooit sulke “blinde geloof” in menseprestasies gehad nie, want hulle slaan ag op die advies: “Vertrou nie op prinse, op die mensekind, by wie geen heil is nie” (Psalm 146:3). Op grond van die Bybel se onfeilbare profesieë het hierdie Bybelstudente aangekondig dat hedendaagse toestande sal versleg totdat God intree om alle menseheerskappye deur sy Koninkryk te vervang.​—Daniël 2:44; Mattheüs 24:6-8, 14.

Hoewel knegte van God met dieselfde maatskaplike moeilikhede te kampe het, gee hulle hulle nie oor aan die “onsekere berusting” wat die skrywer meld nie. Hulle volg eerder Jesus se advies: “Kyk . . . na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.”​—Lukas 21:28.

Plek vir nog

Die bevolking van die aarde, onlangs op 4,5 miljard gestel, sal na verwagting teen die jaar 2000 tot 6 miljard styg en dalk selfs 10,5 miljard bereik teen die jaar 2110. “Is 4,5 miljard mense baie? Te veel? Is 10 miljard ondraaglik of sal die aarde hulle almal kan onderhou?” vra Hans W. Jurgens, Professor in antropologie en demografie aan die Universiteit van Kiel in die Bondsrepubliek van Duitsland. Waar hy in die tydskrif Geo geskryf het, het hy gesê dat die aarde “plek het vir nog baie miljarde mense”, wat heeltemal goed genoeg kan lewe indien ooreenstemmende veranderinge in lewens- en ekonomiese toestande aangebring word. Nasionalisme, sê hy, is die struikelblok. “Solank ons nasionale egotisme toelaat en selfs bevorder​—en die Verenigde Volke-organisasie speel onopsetlik ’n rampspoedige rol in hierdie opsig—​sal ons nouliks ons aarde kan benut tot die volle vermoë wat in beginsel heeltemal moontlik is.”

’n Mens hoef dus nie te wonder of die aarde die groot getal mense sal kan onderhou wat op God se bestemde tyd uit die mensdom se gemeenskaplike graf sal opstaan nie (Johannes 5:28, 29; Openbaring 20:12, 13). Hulle sal terugkom, nie na ’n aarde wat deur selfsugtige, nasionalistiese belange verdeel word nie, maar na een wat regverdig en vreedsaam is en oorgenoeg voedsel aan almal kan voorsien.​—Psalm 72:7, 8, 16.

“Godsdienswoesteny”

Mense in televisiedramas kom te staan voor “dieselfde probleme en dilemmas wat gewone mense elke dag in die gesig staar”. So sê romanskrywer Benjamin J. Stein, wat onder die bogemelde titel in The Wall Street Journal geskryf het. “Maar een van die belangrikste besluitnemingsfaktore in die werklikheid is geheel en al afwesig by televisie: godsdiens.” Hoewel godsdiens af en toe in rolprente voorkom, sê mnr. Stein, “is daar byna geen melding van godsdiens gedurende prima tyd op televisie nie. Wanneer ’n probleem opduik wat ’n morele oordeel verg​—en dit gebeur in feitlik elke program—​word die reaksie gegrond op intuïtiewe kennis van goed en kwaad, die advies van ’n vriend, raad wat herroep word of, waarskynliker, die onsigbare hand van omstandighede.”

Ouers moet veral op hulle hoede wees vir ’n medium waar “niemand . . . ooit van godsdiens praat as ’n rigsnoer in sy lewe nie”, soos mnr. Stein aantoon. Jong verstande is ontvanklik en geneig om die handelinge en beskouings van die beroemdes waarna hulle kyk, na te volg. Dit sou gewis die verstandige weg wees om versigtig te kontroleer waarna op TV gekyk word. Nog belangriker, ouers moet hulle kinders oplei om die Bybel as rigsnoer te gebruik. Kinders moet opgevoed word “in die tug en vermaning van die Here”.​—Efesiërs 6:4; Filippense 4:8.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel