Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w85 3/15 bl. 3-5
  • Jehovah—’n wrede of ’n liefdevolle God?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jehovah—’n wrede of ’n liefdevolle God?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • „Alles wat Hy doen, is regverdig”
  • Die Vloed
  • Sodom en Gomorra
  • Die teregstelling van die Kanaäniete
  • ’n Gesplete persoonlikheid?
  • God se oordele—Was dit wreed?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Waarom sê mense dat God wreed is?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Is Jehovah ’n oorlogsgod?
    Ontwaak!—1993
  • Voorbereiding vir verlossing tot in ’n nuwe wêreld
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
w85 3/15 bl. 3-5

Jehovah​—’n wrede of ’n liefdevolle God?

„MAAR die God van die Bybel is ’n wrede God”, het die Japannees volgehou. Die sendeling wat voor die deur gestaan het, het hier te doen gehad met iemand wat bekend was met God se Woord, die Bybel.

„Dink aan hoe God mense in die Vloed laat verdrink het”, het die man vervolg. „En wat van die keer toe hy Sodom en Gomorra verbrand het, om nie te praat van die feit dat hy die Israeliete gebruik het om die Kanaäniete uit te wis nie. Hoe kan jy sê dat God nie wreed is nie? Buitendien, die God van die ,Nuwe Testament’ is heeltemal anders. Jesus het ’n God van vrede en liefde verkondig.”

Baie mense huldig hierdie beskouing dat die „Ou-Testamentiese” God wreed en oorlogsugtig is. Gevolglik staan sommige selfs skepties teenoor die „NuweTestamentiese” God van liefde. Hoe kan ’n mens ’n God dien wat skynbaar ’n gesplete persoonlikheid het?

„Alles wat Hy doen, is regverdig”

Maar mense is nouliks by magte om God se handelinge te kritiseer. Verstaan ’n kind sommer dadelik waarom sy vader hom aan die pyn van ’n tandboor onderwerp? Net so verstaan ons ook nie van die begin af al God se handelinge nie. „Weet dat Jehovah God is”, sê die psalmis. „Dit is hy wat ons gemaak het, en nie ons self nie.”​—Psalm 100:3, NW.

Is dit dan nie onverstandig om oorhaastig te besluit dat God se handelinge wreed is nie? „My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die HERE. Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes” (Jesaja 55:8, 9). Bowendien verseker die Bybel ons: „Alles wat Hy doen, is regverdig.” Jehovah word beskryf as „die getroue God, sonder onreg” (Deuteronomium 32:4, NAV). Laat ons nou na sommige van die gevalle kyk waar God dit nodig geag het om sy oordeel te voltrek.

Die Vloed

”Die HERE [het gesien] dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was” (Genesis 6:5). Dit is hoe die wêreld voor die Vloed daar uitgesien het. Ja, Jehovah God het die aarde beskou „en​—dit was verdorwe, want alle vlees het sy wandel op die aarde verderwe” (Genesis 6:12). Sommige redeneer miskien dat God die mense hulle gang moes laat gaan het. Maar daar was nog eerlike, deugsame mense op die aarde oor. Sou dit nie wreed van God gewees het om toe te laat dat die goddeloses die laaste spoor van sedelikheid van die aarde af verdelg nie? God het derhalwe ’n wêreldvloed gebring om die aarde van sy verderwers te suiwer.

’n Wrede God sou geen voorsiening gemaak het vir die behoud van mens of dier nie. Maar Jehovah het dit gedoen. ’n Wrede God sou mense nooit teen die komende ramp gewaarsku het nie. Maar Jehovah het Noag minstens 40 of 50 jaar as ’n „prediker van geregtigheid” gebruik! (2 Petrus 2:5). Mense kon kies of hulle wou lewe of sterwe.

Sodom en Gomorra

Toe twee engele Sodom besoek het, het die inwoners gou hulle perverse geaardheid onthul. „Die mans oral uit die stad uit, die mans van Sodom, oud en jonk, die hele klomp, [het] die huis van Lot omsingel. Hulle het vir Lot geroep en vir hom gevra: ,Waar is die mans wat vanaand na jou toe gekom het? Bring hulle uit na ons toe. Ons wil geslagsgemeenskap met hulle hê’” (Genesis 19:4, 5, NAV). Hierdie mense het ,vlees agternagegaan vir onnatuurlike gebruik’.​—Judas 7, NW; kyk ook Romeine 1: 26, 27.

God, „wat die harte deursoek”, het gesien dat die stede onverbeterlik is. Hulle het verdien om uitgedelg te word (Romeine 8:27). Daar kon nie eers tien regverdiges in Sodom gevind word nie! (Genesis 18:32). Die gedrag van die Sodomiete het ’n wesenlike bedreiging vir regverdige Lot en sy gesin ingehou. Dit was dus ’n daad van liefde toe God Lot en sy dogters gered het!​—Genesis 19:12-26.

Die teregstelling van die Kanaäniete

Jehovah het Abraham belowe dat sy saad eendag die land Kanaän in besit sou neem. Maar let daarop dat daar geen teregstelling in Abraham se dag sou plaasvind nie. Waarom nie? „Want die ongeregtigheid van die Amoriete [die heerserstam van Kanaän] is tot nog toe nie vol nie”, het Jehovah gesê (Genesis 15:16). Nagenoeg 430 jaar sou verloop voor die goddeloosheid van daardie volk sulke afmetings aangeneem het dat Moses kon sê: „Weens die goddeloosheid van hierdie nasies [van Kanaän] verdryf die HERE jou God hulle voor jou uit.”​—Deuteronomium 9:5.

Die boek Archaeology and the Old Testament sê: „Die wreedaardigheid, wellus en losbandigheid van Kanaänitiese mitologie . . . moes die slegste eienskappe in hulle aanhangers na vore gebring het en het aanleiding gegee tot die verderflikste gebruike van die tyd, soos heilige prostitusie, kinderoffering en slangaanbidding . . . totale ontaarding op sedelike en godsdienstige gebied.” Nogtans is die Gibeoniete en die inwoners van drie ander stede gespaar (Josua 9:17, 18). Sou ’n wrede God dit toegelaat het?

’n Gesplete persoonlikheid?

Party hou egter vol dat die „Ou-Testamentiese” God in die „Nuwe Testament” ’n persoonlikheidsverandering ondergaan het. ‘Jesus se leringe het liefde beklemtoon’, sê hulle.​—Mattheüs 5:39, 44, 45.

Die vernietiging van Jerusalem in 70 G. J. het nietemin gekom as ’n oordeel van Jehovah, soos Jesus dan ook voorspel het (Mattheüs 23:37, 38; 24:2). Daarbenewens is onregverdige individue soos Ananias, Saffira, en Herodes tereggestel. God het nie verander nie (Handelinge 5:1-11; 12:21-23; Maleagi 3:6). Jesus se leer in verband met liefde was ook nie ’n nuwe verwikkeling nie. Die Mosaïese Wet het lank tevore bepaal: „Jy moet jou naaste liefhê soos jouself” (Levitikus 19:18). Maar Jesus se leringe in verband met selfopofferende liefde het verder gegaan as hierdie gebod (Johannes 13: 34). Onthou ook dat hy die geveinsde godsdiensleiers skerp veroordeel het. Lees gerus Mattheüs hoofstuk 23 deur en sien hoe kragtig Jesus teen sulke mense uitgevaar het.

Die Bybelverslag lewer dus bewys, nie van enige wreedheid aan God se kant nie, maar van sy opregte en blywende liefde vir die mensdom. Dit beweeg ons om meer aangaande Jehovah en sy liefdevolle weë te leer. Ons volgende artikel kan jou hiermee help.

[Prente op bladsy 3]

Was Jehovah regverdig toe hy die Vloed gestuur, Sodom en Gomorra vernietig en die Kanaäniete tereggestel het?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel