Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w85 1/15 bl. 8-9
  • Sy het geloof en moed gehad—Het jy?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sy het geloof en moed gehad—Het jy?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Soortgelyke materiaal
  • Die soldaat en die dogtertjie
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • ’n Moedige meisie praat oor haar God
    Wees moedig en maak God gelukkig
  • Sy wou help
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • ’n Trotse man word nederig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
w85 1/15 bl. 8-9

God se Woord is lewend

Sy het geloof en moed gehad​—Het jy?

HIERDIE Israelitiese dogtertjie word deur ’n Aramese roofbende gevange geneem. Sy word uiteindelik na die vrou van Naäman, die bevelvoerder van die Aramese leër, gebring. In hierdie vyandelike gebied, ver van haar huis in Israel af, word sy ’n dienares van Naäman se vrou.

Naäman is ’n dapper held wat groot aansien geniet het. Maar hierdie groot leërowerste ly aan melaatsheid, ’n vreeslike siekte wat dele van ’n mens se liggaam wegvreet. Toe sy nog in Israel was, het die Israelitiese dogtertjie van die wonderwerke gehoor wat Jehovah God deur sy profeet Elisa verrig het​—hy het selfs ’n seun uit die dood opgewek (2 Konings 4:8-37). Die dogtertjie het, anders as baie ander, volkome geloof in God se wonderwerke, en sy het ook die moed om daarvan te praat.

Op ’n dag, soos jy kan sien, sê die dogtertjie vir Naäman se vrou: ,As my heer na Samaria gaan, sal Jehovah se profeet hom daar van sy melaatsheid genees.’ Iemand gaan later na Naäman toe en sê vir hom wat die Israelitiese dogtertjie gesê het. Dit moes Naäman beïndruk het!

Soos hierdie prentjie toon, kan ons ons voorstel dat Naäman na die dogtertjie gaan en vir haar iets soos die volgende sê: ,Ek is die leërowerste van Aram. En tog het jy die moed om vir my te sê om na jou land te gaan, na die profeet van jou God, sodat ek van my melaatsheid genees kan word. Kleintjie, jy het groot geloof en onselfsugtige moed om hierdie goedheid aan my te bewys, want jy kon jou my misnoeë op die hals gehaal het. Ek sal vir die Aramese koning vra of ek na Israel kan gaan.’​—2 Konings 5:1-5.

Sien jy jouself in ’n soortgelyke posisie as dié van die Israelitiese dogtertjie? Weet jy van Jehovah se goedheid en sy voorneme om ’n nuwe stelsel te skep waarin alle mense gesond sal wees en vir ewig kan lewe? (2 Petrus 3:13; Openbaring 21:3, 4). Die meeste mense weet min of niks van hierdie dinge af nie!

As ’n jong persoon bevind jy jou dalk in ’n situasie soos dié van die meisie in hierdie prent. Die onderwyseres en die ander leerlinge in hierdie klas weet nie van Jehovah nie. Sal jy in so ’n geval die geloof en moed hê om, as jy die kans kry, vir ander te vertel waarheen hulle moet gaan om geestelike genesing te verkry?

Maar wat het met Naäman gebeur? Is hy genees? Dit is ’n ander verhaal, wat ons later sal behandel.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel