Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 9/15 bl. 21
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Verplig om ’n kompromis te maak’
  • Pynlike ritusse—Het dit waarde?
  • Pornografie
    Ontwaak!—2013
  • Die skade wat pornografie veroorsaak
    Ontwaak!—2003
  • Pornografie—Onskadelik of gevaarlik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Waarom moet ek pornografie verwerp?
    Jongmense vra
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 9/15 bl. 21

Insig in die nuus

Pornografie ’n gevaar

“Hy was so saggeaard, so gaaf”, sê die moeder van tienjarige Lisa wanneer sy die man beskryf wat haar dogtertjie gedreig en twee maal gemolesteer het. “Hy het vir Lisa matige pornografiese tydskrifte gewys. Kinders kan so maklik oortuig word. Hy het vir haar gesê dat hy ’n foto van haar wou neem vir ’n wedstryd.”

Speurder John T. Dugan, Jr., van die Buffalo-polisiemag se afdeling vir ontugtige lektuur het hierdie taktiek van ’n tipiese molesteerder om ’n kind se inhibisies te bowe te kom, bevestig deur te sê: “Ek het nog nooit ’n geval ondersoek waar pornografie nie ’n belangrike faktor was om die kind ongevoelig te maak sodat hy of sy tot seksdade sal inwillig of vir foto’s sal poseer nie.” Hy het bygevoeg dat kinders wat toegang tot pornografie op kabeltelevisie het, ’n maklike skyf vir molesteerders is. “Hulle hoef net my of jou kind nader te roep en hulle bloot te stel aan erotiese materiaal wat in die ouerhuis geduld word.”

Die berig, wat in The Buffalo News verskyn het, toon dat selfs matige pornografie in die huis die standaarde van seksuele welvoeglikheid onder kinders kan verlaag en hulle aan gevaar kan blootstel. Sulke laksheid is strydig met die Bybel se wyse raad om die liggaam dood te maak ten opsigte van “hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is”. Ouers moet hulle kinders leer om weg te bly van iemand wat vir hulle pornografie wil wys en om hulle dadelik van sulke voorvalle te vertel.—Kolossense 3:5; Spreuke 2:10-17.

‘Verplig om ’n kompromis te maak’

“Haar borste was kaal, haar gesig besmeer met rooi verf en haar kop versier met ’n kroon van paradysvoëlvere.” So beskryf die Manchester Guardian Weekly ’n agttienjarige studente wat aan die pous se sy gestaan het terwyl hy ’n gedeelte uit die Sendbriewe gelees het. Die pous was in Papoea-Nieu-Guinee, op die punt om die Mis op te dra. Die jong vrou was vir die geleentheid geklee in die mondering wat eens gebruiklik was by heidense ontgroeningseremonies. En “terwyl die stamlede voor die altaar rondgedans het, is handevol geel, oranje en rooi poeier in die lug gegooi as teken van vreug”—maar ook om bose geeste te verjaag”.

Waarom sien die Katolieke Kerk sulke ritusse deur die vingers? “Die goeie en bose geeste wat deel uitmaak van die plaaslike kosmologie, word nie maklik uit die verstande van die stamlede uitgewis nie”, het die berig gesê. “Katolisisme is dus verplig om af en toe ’n kompromis te maak, soos in die geval van veelwywery en een of twee tradisionele ritusse.” Maar maak ware Christene sulke kompromisse? Nee, sê die apostel Paulus, ln verband met afgodediens het hy baie uitdruklik geskryf: “Sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie.”—2 Korinthiërs 6:17.

Pynlike ritusse—Het dit waarde?

“Meer as 8 000 mense, waaronder Amerikaanse soldate en toeriste, het by kruisigingsplekke dwarsdeur die Filippyne vergader om die jaarlikse Goeie Vrydag-ritusse in Asië se enigste Rooms-Katolieke nasie te aanskou”, berig Japan se Mainichi Daily News. Een man het, nadat sy gesig vertrek het van die pyn toe twee staalpenne van [tien sentimeter] deur sy palms geslaan is, geskreeu: “Mag God hulle vergewe vir wat hulle gedoen het.” ln die provinsie Bulacan het ’n vrou wat ’n geloofsgeneser is “sewe minute lank aan die kruis gesidder, met spykers deur haar voete en hande”.

Ten minste 13 mense is in verskillende dele van die land aan kruise genael. Daarbenewens het duisende boetvaardiges hulle eie rûe met bamboesvleëls geslaan en “bloed op welgeklede toeriste gespat”. Die koerant merk op: “Die Rooms-Katolieke Kerk dink nie veel van hierdie ritusse nie”, maar voeg by dat hulle “in die sewentiende eeu deur Spaanse monnike na die Filippyne gebring is”. En hulle duur voort.

Wat is die waarde van hierdie ritusse? Die Baälaanbidders se ritus was van nul en gener waarde toe hulle “hard geroep en hulleself volgens hul gebruik met swaarde en spiese stukkend gekerwe [het] tot die bloed op hulle uitgespuit het”. Die apostel Paulus het Christene bowendien vermaan dat ritualistiese selfkastyding met sy “danige nederigheid en streng beheersing van die liggaam” waardeloos is.—1 Konings 18:28; Kolossense 2:20-23, NAV.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel