Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 9/1 bl. 24
  • Bybelwaarheid verander lewens

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bybelwaarheid verander lewens
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Soortgelyke materiaal
  • Goeie nuus uit Noorweë
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Onwrikbare geloof in ’n verdeelde huisgesin
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Engeleleiding in ons bediening
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Jesus se skape luister na sy stem
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 9/1 bl. 24

Koninkryksverkondigers berig

Bybelwaarheid verander lewens

SAULUS VAN TARSUS was baie opreg in sy geloof toe hy ware Christene selfs “tot die dood toe” vervolg het (Handelinge 22:4; 26:10, 11). Maar hy het dit in onkunde gedoen (1 Timotheüs 1:13). Talle opregte persone wat deur godsdiens verblind is, is vandag net soos Saulus en staan die ware Christelike godsdiens teen. Maar net soos Saulus ’n Christen geword het nadat hy die waarheid geleer het, bekeer baie hulle vandag van valse godsdiens en neem hulle die ware geloof aan.

◻ ’n Diaken van die Tahitiaanse Protestantse Kerk in Nieu-Caledonië en sy vrou, wat ’n diakones was, het hulle dogter en haar man wat Jehovah se Getuies geword het, verwerp. Toe die jongste kinders begin belangstel het in die Bybel soos dit deur Jehovah se Getuies geleer word, het die ouers hierdie ultimatum gestel: “Los Jehovah se Getuies uit of verlaat die huis.” Hulle het die huis verlaat.

Die ouers het toe gewonder of hulle gesindheid reg was. Die vader het dus besluit om ondersoek in te stel na die opvattings van Jehovah se Getuies. Die bespreking met sy Getuie-skoonseun het ure geduur. Die gevolg? Die vader het die waarheid van die Bybel erken en gesê dat hy 60 jaar daarvoor gewag het. Hy en sy vrou het uit die kerk bedank, begin om die vergaderinge van die Getuies gereeld saam met die res van hulle gesin by te woon en verkondig nou saam met hulle die leerstellings van die Bybel van huis tot huis.

As hierdie man homself nie verootmoedig het en die moeite gedoen het om ondersoek in te stel nie, sou hy nie die waarheid gevind het nie. Nou dien die hele gesin Jehovah blymoedig. Bybelwaarheid het hulle lewens verander.

◻ Nog ’n ondervinding uit Nieu-Caledonië beklemtoon ook die feit dat Bybelwaarheid lewens verander. ’n Etniese groep bekend as die Wallis-mense is toegewyde Katolieke. Hulle vermy gewoonlik enige bespreking met Jehovah se Getuies. Maar een knaap het met die Getuies gepraat en belanggestel in wat hy uit die Bybel geleer het. Sy suster het saam met Katolieke monnike gestudeer, maar eendag het sy die Bybelbespreking tussen haar broer en Jehovah se Getuies bygewoon. Wat was die gevolg? “Sy het antwoorde op vrae gekry wat sy al jare lank aan die priesters en die monnike stel. Sy het ’n jaar lank die Drie-eenheidsleer bestudeer, maar was nog steeds nie oortuig nie. Saam met die Getuies het sy nou die duidelike antwoord in ’n paar uur gekry”, sê die berig. Sy het kort daarna die Katolieke Kerk verlaat, en sy en haar broer het vir hulle gesin getuig. Haar moeder het uit die Maria-legioen bedank en haar beelde en medaljes verbrand en gesê: “Julle het my jare lank bedrieg!” Die broer en suster is nou gedoopte Getuies en altesaam tien lede van die gesin woon die vergaderinge by. Die moeder, drie seuns en een dogter is gereelde Koninkryksverkondigers.

Hoe verblydend is dit tog om te sien hoedat opregte, regskape persone hulle van die duisternis van valse godsdiens bekeer tot die lig van waarheid wat Jehovah God deur die Skrif voorsien! Bybelwaarheid het inderdaad krag en verander lewens.—Hebreërs

4:12.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel